
Jagsektor paraat teen bek-en-klouseer
Loading player...
Weens bek-en-klouseer in naburige Suid-Afrika en Botswana, wat 'n risiko vir Namibië inhou, bly die land se jaggemeenskap op hoë gereedheidsgrondslag. Kosmos 94.1 Nuus het met Hannes du Plessis, die president van die Namibiese Professionele Jagvereniging, Napha, gepraat, wat sê daar is geen direkte risiko vir jagters nie. Hy het hulle egter aangespoor om streng by die veiligheidsmaatreëls wat deur die regering uiteengesit is, te hou.

