
Mylpaalprojek oor klimaataanpassing in gemeenskap voltooi
Loading player...
Namibië het een van sy grootste gemeenskaps-klimaataanpassingsprojekte afgehandel. Die Omgewingsbeleggingsfonds het die vyfjaar-Irema-inisiatief van 10 miljoen Amerikaanse dollar in Sesfontein, Fransfontein en Warmquelle in die Kunene-streek suksesvol voltooi. Die projek is in 2018 deur die Groen Klimaatfonds goedgekeur en saam met die landbouministerie geïmplementeer. Dit het groenskemas en boorgate gerehabiliteer, 2 500 droogtebestande bokke versprei, vroeë waarskuwingsweerstelsels en sonkragbesproeiing geïnstalleer, en meer as 1 600 boere in klimaatslim landbou opgelei. Die fonds se woordvoerder, Romeo Muyunda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

