Woord vir Vandag - 1 Maart 2026

Loading player...
“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word…” Jakobus 5:16 NLV
Genesing vir ‘n geliefde
As gevolg van die verbintenis met diegene vir wie ons lief is, kry ons seer wanneer hulle seerkry. Een van die belangrikste dinge wat ons kan doen, is om in gebed vir diegene wat genesing nodig het, in te tree. God kan ons as ‘n agent van genesing gebruik: ‘Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ’n kragtige werking.’ Ons sien hierdie beginsel dwarsdeur die Bybel. ‘n Romeinse offisier het Jesus gevra om sy slaaf te genees en Christus het hom nie teleurgestel nie (sien Matteus 8:5-7). Vier mense het die dak van ‘n huis oopgebreek om hul siek vriend in Jesus se teenwoordigheid te kry, sodat hy van verlamming genees kon word. Jesus het vir hom gesê: ‘Staan op, tel jou bed op en loop’ (sien Markus 2:1-11). ‘n Besorgde pa het na Jesus gegaan toe sy dogter op die randjie van die dood was. Terwyl Jesus nog op pad was na sy huis, het sy dogtertjie gesterf. Jesus het na haar bed toe gestap en gesê: ‘…’Dogtertjie, staan op!’ Onmiddellik het die dogtertjie op haar voete gekom en begin rondstap - sy was immers al twaalf jaar oud. Haar ouers was absoluut in ekstase’ (Markus 5:41-42 NLV). Een van die laaste beloftes wat Jesus vir ons gegee het voordat Hy opgevaar het hemel toe, was die volgende: ‘Hierdie is die wondertekens wat dié sal beleef wat glo… Hulle sal siekes die hande oplê, en hulle sal gesond word’ (Markus 16:17-18 NLV). Bely die volgende: ‘As ‘n gelowige in Christus, het ek die gesag om te bid, om hande op die siekes te lê en te sien hoe hulle genees word, want die Gees van God woon in my.’
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min