Woord vir Vandag - 2 Maart 2026

Loading player...
“Dit is nie julle wat My uitgekies het nie, maar Ek wat julle uitgekies het…” Johannes 15:16 NLV
God het ‘n doel vir jou lewe
Dit verg nie baie mense om verandering teweeg te bring nie. Trouens, te veel mense kan in die pad van verandering staan. Gideon het 32 000 manskappe geneem om te veg, maar God het slegs 300 nodig gehad. Die waarheid is dat jou lewe ‘n warboel kan wees, omdat te veel mense vir jou sê wat om te doen. Sit die telefoon neer. Maak die deur toe. Skakel die TV af. Gaan kniel voor God en vra Hom om met jou te praat. Hy sal jou die woord gee wat jy nodig het (sien Jesaja 50:4). God het nie ‘n skare nodig nie; Hy het net een persoon wat sal luister en gehoorsaam is, nodig. As Hy ‘n nasie wil begin, sal Hy vir ‘n Abraham ‘n hoop en ‘n visie gee. As Hy ‘n Egiptiese farao wil omverwerp, sal Hy in die biesies reik en ‘n Moses uittrek. Wanneer Hy ‘n voorgeslag vir sy Seun wil hê, sal Hy ‘n Ragab vind. Hy wil net ‘n gewillige hart hê. ‘Dit is nie julle wat My uitgekies het nie, maar Ek wat julle uitgekies het…’ Ethel Waters, wat gedurende die Billy Graham-veldtogte ‘n sangeres was, was lief daarvoor om te sê: ‘God don’t sponsor no flops.’ Haar sinskonstruksie was dalk effens verkeerd, maar haar teologie was in die kol. Moenie jou lewe bestee deur gewoon te wees nie. Moenie jou lewe in die vorm van iemand anders se verwagtinge giet nie. God het ‘n doel vir jou. Die rede waarom Hy jou deur soveel gehelp het, is omdat Hy ‘n hoër plan en doel vir jou lewe het. Kom vandag in sy teenwoordigheid en vra Hom daaroor uit.
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min