Woord vir Vandag - 3 Maart 2026

Loading player...
“Jy… sal die pas nie kan volhou nie. Dit is te veel vir jou...” Eksodus 18:18 NLV
Leer om te delegeer
Die Bybel sê: ‘...die volk… het van vroegoggend tot laataand by Moses se tent tou gestaan… Sy skoonpa sê toe vir Moses: ‘Jy hanteer die saak nie reg nie. Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie. Dit is te veel vir jou. Jy kan dit nie alles op jou eie doen nie’’ (verse 13. 17-18 NLV). Jy het dalk al agterop vragmotors die bordjie wat hul vraglimiet aandui, opgemerk. As ‘n vragmotor met sy groot enjin vraglimiete het, maak dit sin dat ons ook limiete sal hê. Moses het sy vraglimiet oorskry. Dit was te veel om van die een kant van die kamp van Israel na die ander te hardloop, vergaderings te skeduleer, sperdatums te haal en almal te woord te staan wat sy raad nodig gehad het. Hy het twee opsies gehad: hy kon ineenstort, of die lading met ander begin deel. Moses se skoonpa, Jetro, het vir hom gesê om dit wat net hy kan doen vas te stel en dan die res te delegeer. Elke keer as jy voor ‘n taak wat groter lyk as wat jy alleen kan hanteer te staan kom, sê God vir jou: ‘Moenie dit alleen probeer hanteer nie.’ Jetro het egter nie vir Moses gesê om die werk sommer net te laat staan en dit sommer net iemand anders se verantwoordelikheid te maak nie. Dis ‘n resep wat op ‘n ramp afstuur. Nee, om suksesvol te delegeer, moet jy die volgende drie dinge doen: 1) Kry die regte mense. 2) Gee hulle die regte taak. 3) Vertrou hulle om dit reg te doen; moenie heeltyd oor hulle skouer loer nie. Die woord vir jou vandag is dus – doen wat net jy kan doen, delegeer die res en vertrou op God vir sukses!
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min