Woord vir Vandag - 4 Maart 2026

Loading player...
“Saul laat Dawid toe sy eie uitrusting aantrek…” 1 Samuel 17:38 NLV
Gebruik wat God jou gegee het
Die Bybel sê: ‘Saul laat Dawid toe sy eie uitrusting aantrek… ‘Ek kan nie hiermee loop nie,’ sê [Dawid]. Daarom het hy die uitrusting uitgetrek. Hy neem toe sy herderstok, soek vyf gladde klippies in die spruit en sit dit in sy slingersak. Met sy slingervel in die hand loop hy die Filistyn tegemoet’ (verse 38-40 NLV). Dawid moes ‘n keuse maak; een wat sy lotsbestemming sou bepaal. Hy kon die stryd as Saul aanvoer – deur Saul se wapenrusting aan te trek, Saul se swaard rond te swaai en Saul se skild vas te hou. Of hy kon die stryd as Dawid betree – ‘n veewagter met ‘n slingervel. Dawid het ‘n uitstekende rede gehad om nie Saul se wapenrusting te dra of sy swaard te gebruik nie – hy was nie Saul nie. Dawid het besluit om homself te wees – die Dawid wat God geroep, gesalf en vir die taak toegerus het. Daar kom in almal se lewe ‘n tyd waar ons dapper genoeg moet wees om Saul se wapenrusting uit te trek. Dit verg moed om jouself te wees. Ons word almal as unieke mense gebore, maar te veel van ons eindig as nabootsers van iemand anders op. In plaas daarvan om ons uniekheid en die uniekheid van ander te eerbiedig, word ons te gereeld daardeur geïntimideer. Ons laat vaar ons uniekheid omdat ons wil inpas. In een van sy bekendste skrywes, Self-Reliance, het Ralph Waldo Emerson geskryf: ‘There is a time in every man’s education when he arrives at the conviction that… imitation is suicide. He must take himself for better, for worse.’ Dis wat Dawid gedoen het en God het vir hom ‘n groot oorwinning gegee. Dit is wat God wil hê jy moet doen.
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min