Woord vir Vandag - 5 Maart 2026

Loading player...
“Dawid het die kop van die Filistyn gevat en dit na Jerusalem toe gebring, maar sy wapens in sy eie tent neergesit.” 1 Samuel 17:54 NLV
Heilige herinneringe
Elke keer wat Dawid Goliat se wapens in sy tent sien hang het, was dit ‘n heilige herinnering aan God se getrouheid teenoor hom en aan God se krag. Die woord onthou word amper 250 keer in die Skrif genoem. Daar is ‘n rede daarvoor. Ons is geneig om dit wat ons behoort te vergeet, te onthou en dit wat ons moet onthou, te vergeet. Dis hoekom God ons altyd aansê om altare te bou of gedenkstene op te rig. Jakob het ‘n altaar by Bet-El gebou, waar God aan hom ‘n lewensveranderende droom gegee het (sien Genesis 28:18-22). Die Israeliete het twaalf klippe uit die Jordaanrivier geneem om ‘n altaar in Gilgal te bou, wat hulle sou herinner aan hoe God die water van die Jordaanrivier op ‘n wonderbaarlike wyse vir hulle geskei het (sien Josua 4:20-24). Samuel het ‘n oorwinningsaltaar by Mispa genaamd ‘Eben-Haeser’ gebou, nadat God sy gebede beantwoord het en die Filistyne met ‘n bonatuurlike krag verslaan het (sien 1 Samuel 7:12). Sonder heilige herinneringe, vergeet ons die geestelike lesse wat ons op die pad geleer het. Die Bybel teken die gewig van Goliat se wapenrusting aan: sy borsharnas het 57 kilogram geweeg en sy spies het 7 kilogram geweeg. Elke keer wat Dawid sy tent afgeslaan en êrens ander weer opgeslaan het, het Goliat se wapenrusting saamgegaan. Hoekom? Omdat dit ‘n daaglikse herinnering van God se getrouheid teenoor Dawid was. Dit het ook gedien om Dawid se selfvertroue te bou. Wat ook al die toekoms vir Dawid ingehou het, hy het geweet dat hy dit met God se hulp kon hanteer. Daar is twee lesse hieruit te leer: Eerstens, as God dit vir Dawid gedoen het, sal Hy dit vir jou ook doen. Tweedens, as God dit vantevore gedoen het, kan Hy dit weer doen.
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min