Woord vir Vandag - 6 Maart 2026

Loading player...
“Julle weet mos: iemand wat al die gebooie onderhou behalwe één, is net so skuldig as iemand wat ál die gebooie oortree.” Jakobus 2:10 NLV
Vertrou alleenlik op Christus!
Paulus skryf: ‘Dit is mos dié onverdiende goedheid wat julle gered het toe julle tot geloof gekom het. En julle geloof kom nie uit julleself nie, maar is ‘n gawe van God’ (Efesiërs 2:8 NLV). Hoekom sê Paulus ons is slegs deur genade gered? Omdat jy gaan misluk as jy verlossing probeer verkry deur die wet te onderhou. ‘Julle weet mos: iemand wat al die gebooie onderhou behalwe één, is net so skuldig as iemand wat ál die gebooie oortree.’ Jy sê: ‘Dis ‘n onmoontlike standaard om aan te voldoen!’ Jy is reg! Die wet is soos ‘n X-strale-masjien; dit kan dit wat onder die oppervlak is openbaar en die probleem identifiseer, maar dit kan dit nie regmaak nie. Die wet is ook soos ‘n spieël. Dit kan vir jou wys of jy grimering nodig het, of moet skeer, of jou hare moet kam, maar dit kan dit nie vir jou doen nie. Met ander woorde, die wet kan vir jou wys wat jou probleem is, maar dit kan dit nie oplos nie. Wat die wet egter nie kon doen nie, het Christus aan die kruis gedoen (sien Romeine 8:3). Toe Jesus gesê het: ‘…Dit is nou afgehandel!...’ (Johannes 19:30 NLV), is al jou sondes – van die wieg af tot die graf – versoen. Wanneer jy jou vertroue in Hom plaas, word jy vir tyd en ewigheid gered. Sommige mense erken dat jy deur genade vrygespreek word deur jou vertroue in Christus te plaas. Hulle glo egter dat jy jou verlossing behou deur die werke van die wet te onderhou. Die probleem is dat jy selfs op jou beste dag nie aan al die eise van ‘n perfekte God kan voldoen nie. Soos een gesang lui: ‘Trusting as the moments fly, trusting as the days go by; trusting Him whate’er befall, trusting Jesus, that is all!’
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min