Woord vir Vandag - 7 Maart 2026

Loading player...
“Al hierdie dinge het met hulle gebeur as ’n voorbeeld vir ons…” 1 Korintiërs 10:11 NLV
Lewe in die Beloofde Land
Egipte verteenwoordig ons dae as die slawe van sonde. Toe het Jesus ons bevry en vir ons ‘n nuwe lewe gegee. Ons Beloofde Land is nie ‘n fisiese gebied nie; dit is ‘n geestelike werklikheid. Dit is nie vaste eiendom nie, maar ‘n werklike toestand van hart en gees. Dit is ‘n lewe waarin ‘ons ten spyte van al hierdie dinge besig [is] om ‘n superoorwinning te behaal – oorwinnaars deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het’ (Romeine 8:37 NLV); ‘n lewe waarin ‘ons nie moed op[gee] nie’ (2 Korintiërs 4:16 NLV). ‘n Lewe waarin ons ‘vol moed en oorstelp van blydskap [is] ten spyte van ons swaarkry’ (2 Korintiërs 7:4 NLV); ons is ‘…oor niks bekommerd… nie’ (Filippense 4:6 NLV); waar ons ‘alles deur gebed en smeking [doen]’ (Efesiërs 6:18 NLV); en ‘n lewe waarin ons alles doen asof ons ‘dit namens die Here Jesus doen. Só is julle heeltyd besig om deur Hom dank aan God die Vader te bring’ (Kolossense 3:17 NLV). Max Lucado het geskryf: ‘In Kanaän wen ons meer dikwels as wat ons verloor en gee net so oorvloedig as wat ons ontvang. Ons mag struikel, maar ons stort nie in duie nie. Ons mag sukkel, maar ons raak nie wanhopig nie. Ons roem slegs in Christus, vertrou slegs op God en steun geheel en al op sy krag. Ons geniet oorvloedige vrug en toenemende geloof.’ Kanaän simboliseer die oorwinning wat ons vandag kan ontvang. Daar is net een voorwaarde; ons moet ons rug op die woestynlewe draai. Paulus het geskryf: ‘…God het julle as sy volk gekies… Dít het God bewerk sodat julle vir almal kan wys hoe goed Hy is. Dit is immers Hý wat julle uit die duisternis in sy wonderlike lig ingeroep het’ (1 Petrus 2:9 NLV).
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min