Woord vir Vandag - 9 Maart 2026

Loading player...
“Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou…” Jakobus 5:11 NLV
Volhard en weier om op te gee
Ons dink dikwels dat groot kunstenaars en musikante oomblikke van inspirasie het waarin hul meesterstukke geskep word. Meer dikwels is hul meesterstukke egter voorbeelde van noukeurige geduld en deursettingsvermoë. Hul grootste werke word dikwels oor langer tydperke en deur uiterste ontberinge voltooi. Daar word gesê dat Beethoven elke maat van sy musiek ten minste ‘n dosyn keer herskryf het. Joseph Haydn het meer as 800 musikale komposisies geskep voordat hy The Creation geskryf het, die oratorium waaraan hy geken word. Michelangelo se The Last Judgment word as een van die twaalf meesterskilderye van die eeue beskou. Dit het hom agt jaar geneem om te voltooi en het meer as 2 000 sketse en weergawes in die proses opgelewer. Leonardo da Vinci het tien jaar lank aan The Last Supper gewerk, dikwels so ywerig dat hy vergeet het om te eet. Toe die bekende pianis Paderewski redelik bejaard was, het ‘n bewonderaar hom gevra: ‘Is dit waar dat jy nog elke dag oefen?’ Hy het geantwoord: ‘Ja, ten minste ses uur per dag.’ Die bewonderaar het vol ontsag gesê: ‘Jy moet die wêreld se geduld hê.’ Paderewski het geantwoord: ‘Ek het nie meer geduld as die volgende persoon nie. Ek maak net gebruik van myne.’ Daar word gesê dat die perd wat die Kentucky Derby wen basies na die eerste myl uit suurstof hardloop en die res van die pad op hartstog steun. Die basketballegende Michael Jordan sê: ‘Hartstog is wat die goeies van die grotes skei.’ Jakobus het geskryf: ‘Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou. Job is ‘n voorbeeld van iemand wat geduldig volhard het. Uit wat uiteindelik met hom gebeur het, sien ons dat God se einddoel goed is…’ Diegene wat met sukses geseën word, is diegene wat aanhou, volhard en weier om op te gee.
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min