Woord vir Vandag - 10 Maart 2026

Loading player...
“Elke keer as ek aan julle dink, dank ek God.” Filippense 1:3 NLV
Wys jou waardering
Paulus gebruik een hele hoofstuk in die boek Romeine om die mense wat hom gehelp het op te noem en sy waardering teenoor hulle uit te spreek. Deur te wys dat jy mense waardeer bo en behalwe wat hulle vir jou kan doen of beteken, wys dat jy werklik vir hulle omgee. Opregte lof kan hulle soos verwelkte blomme wat pas reën gekry het, laat floreer. ‘n Mens kan baie welwillendheid opbou deur jou waardering oor die klein dingetjies uit te spreek. Indien jy vriendelikheid en inspanning as vanselfsprekend begin aanvaar, lees die volgende lys van take en verantwoordelikhede waarvoor jy waardering moet toon: Die huis skoonmaak. Maaltye voorberei. Die rekeninge betaal. Werk toe gaan. Geld op ‘n wyse manier spandeer. Kruideniersware koop. Die klere was en opvou. Die kinders bad. Die asblik leegmaak. Petrol in die motor gooi. Betyds wees. Die gras of plante natgooi. Verjaardaggeskenke vir familielede kies. Jou loopbaan ondersteun. Verantwoordelik wees. Luister. Die lys is eindeloos. Stel vir jouself ‘n doelwit om ten minste een keer per dag jou waardering teenoor ‘n sekere persoon uit te spreek. Moenie dink dat jy swak sal voorkom wanneer jy die klein dingetjies begin raaksien nie. Dit verg ‘n ware man of vrou om verder as sy of haar behoeftes te kyk en die inspanning van iemand anders te erken. Wanneer jy seker van jou eie identiteit is, kan jy mense bemagtig deur hulle ingelig te hou, hulle te vertrou, vir hulle om te gee en hulle te waardeer.
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min