Woord vir Vandag - 11 Maart 2026

Loading player...
“As jy die Here God gehoorsaam, sal jy al die seëninge beleef” Deuteronomium 28:2 NLV
Tel jou seëninge
Jode sê elke dag ‘n minimum van eenhonderd seëngebede wat met die Hebreeuse formule: Baruch Atah Adonai begin, op. Praktiserende Jode seën God wanneer hulle iets vir die eerste keer sien of ervaar. Hulle seën God vir reuke en smake. As iets aangenaam is, seën hulle God. As jy iets volgens die Talmoed geniet sonder om ‘n seën te spreek, is dit asof jy dit gesteel het. ‘As jy die Here God gehoorsaam, sal jy al die seëninge beleef.’ Jy weet nooit hoe of wanneer God jou sal seën nie. Anders as sy goedheid en genade wat ons al die dae van ons lewens vergesel (sien Psalm 23:6), volg die seëninge van God jou soos ‘n hittesoekende missiel. Hulle is warm op jou spoor en eendag gaan hulle jou inhaal. God seën ons nie sodat ons ‘n hoër lewenstandaard kan volg nie; Hy seën ons sodat ons in staat is om meer te gee. Die grootste seën is die vermoë om ander mense te seën. Is jy geseënd? Dan moet jy die seën omkeer en ander mense seën. Waar het God jou guns bewys? Dis waar jy die guns moet terugbetaal. Daar is geen groter vreugde as om aan die geekant van ‘n geskenk te wees nie. Is dit nie wat Jesus gesê het nie? ‘…Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang’ (Handelinge 20:35 NLV). Daar is honderde seëninge in die Skrif, elk met jou naam op. As jy in Christus is, behoort hierdie seëninge aan jou. ‘want al die baie beloftes van God in Christus Jesus is ‘n volmondige ‘ja’…’ (2 Korintiërs 1:20 NLV). Tel dus jou seëninge.
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min