Woord vir Vandag - 12 Maart 2026

Loading player...
“Red my van my oortredings. Moenie dat ek die spot van dwase mense word nie.” Psalm 39:9 NVL
Die nadele van onsedelikheid
Na sy owerspel met Batseba het koning Dawid uiteindelik sy sonde aan die profeet Natan bely. ‘…Natan antwoord hom: ‘Die Here het jou sonde vergewe sodat jy nie weens hierdie sonde sal sterf nie. Maar jy het vir die vyande van die Here geleentheid gegee om Hom te laster…’’ (2 Samuel 12:13-14). Later sou Dawid in die Psalms skryf: ‘Red my van my oortredings. Moenie dat ek die spot van dwase mense word nie.’ Kom ons neem ‘n oomblik en oorweeg die nadele van onsedelikheid wanneer dit openbaar gemaak word: 1) Jou maat ervaar skaamte, verwerping, verraad en hartseer. Geen mate van berou of om vergifnis te vra kan die seer versag nie. Agterdog vervang vertroue. 2) Die onskuld en vertroue van jou kinders word ‘n verwoestende slag toegedien. Hul gesonde uitkyk op die lewe sal waarskynlik ernstig beskadig word. 3) Die hartseer wat jou ouers, familie en maats ervaar, is onbeskryflik. Jy sal ook waarskynlik verleë wees om ander Christene in die oë te kyk, veral diegene wat jou waardeer, gerespekteer en vertrou het. 4) Jou oortreding mag deur ander gesien word as toestemming om dieselfde te doen. 5) Jou innerlike vrede sal verdwyn. (6) Jy sal jou vrymoedigheid voor God verbeur. 7) Jou vyande sal rede hê om jou te spot en die saak wat jy verteenwoordig, sal skade ly. Dis ‘n hoë prys om te betaal. Wat is die antwoord? Word deur die Heilige Gees vervul en bly deur die Heilige Gees vervuld. ‘Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg… selfbeheersing…’ (Galasiërs 5:22-23 NLV).
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min