Woord vir Vandag - 13 Maart 2026

Loading player...
“Verdra mekaar en as enigeen ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar…” Kolossense 3:13 NLV
Is jy ‘n onreg aangedoen? Vergewe!
Wanneer jy die lewens van diegene wat deur God in die Bybel gebruik is bestudeer, sien jy dat hulle nie van seer, teleurstelling of selfs verraad gespaar is nie. Die waarheid is dat as jy lank genoeg leef, iemand jou ‘n onreg sal aandoen. Die vraag is - hoe gaan jy reageer? Die apostel Paulus vertel ons hoe ons moet reageer: ‘Verdra mekaar en as enigeen ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het.’ Daar is ‘n verhaal van twee vriende wat deur die woestyn geloop het toe hulle in ‘n argument betrokke raak. Een vriend het die ander in die gesig geslaan. Die een wat geslaan is, was seergemaak. Sonder om ‘n woord te sê, het hy in die sand geskryf: ‘Vandag het my beste vriend my in die gesig geslaan.’ Hulle het aangehou loop totdat hulle ‘n oase gekry het. Omdat hulle dors was, het hulle gestop vir water. Die een wat geslaan is, het in die modder vasgesit, ingeval en amper verdrink. Sy vriend het toe sy hand uitgesteek en hom gered. Daardie nag het hy die volgende woorde op ‘n groot klip uitgebeitel: ‘Vandag het my beste vriend my lewe gered.’ Die vriend wat hom eers geklap en toe gered het, het gevra: ‘Nadat ek jou seergemaak het, het jy in die sand geskryf. Nou skryf jy egter op die klip. Hoekom?’ Hy het geantwoord: ‘Wanneer iemand ons seermaak, moet ons dit in die sand skryf, waar die winde van vergifnis kan waai en dit uitvee. Wanneer iemand egter iets goeds vir ons doen, moet ons dit in klip uitbeitel waar dit vir ewig onthou sal word.’ Barmhartigheid vergeet die verkeerde dinge en onthou die regte dinge!
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min