Woord vir Vandag - 14 Maart 2026

Loading player...
“Wag en kyk! Die Here sal in julle plek veg.” Eksodus 14:14 NLV
‘Keep calm and carry on’
Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Britse Departement van Inligting drie plakkate ontwerp. Die eerste het gelees: ‘Your courage, your cheerfulness, your resolution will bring us victory.’ Die tweede het gelees: ‘Freedom is in peril.’ Die derde en bekendste plakkaat het gelees: ‘Keep calm and carry on.’ Die departement het 2,4 miljoen van die derde soort plakkaat gedruk, maar dit is nooit in die openbaar vertoon nie. Hierdie leuse het so te sê uit Brittanje se bewussyn verdwyn, todat ‘n paartjie wat ‘n boekwinkel in Alnwick besit - Stuart en Mary Manley – ‘n oorspronklike kopie van die plakkaat onder in ‘n boks ou boeke ontdek het. Met farao se strydwaens wat van agter op hom afjaag en die Rooi See voor hom, het Moses hom op ‘n moeilike en gevaarlike plek bevind. Dit is toe dat God vir Moses hierdie instruksie gee: ‘…Hierdie Egiptenaars wat julle vandag hier voor julle sien, sal nooit ooit weer gesien word nie. Wag en kyk! Die Here sal in julle plek veg’ (Eksodus 14:13-14 NLV). Dit klink baie soos ‘Keep calm and carry on,’ nie waar nie? Dit moes baie moeilik gewees het om stil te staan terwyl die Egiptiese strydwaens teen volle spoed reguit op die Israeliete afstorm. Wanneer ons onsself in hierdie soort situasie bevind, wil ons iets doen – enigiets. Ons het ‘n senuweeagtige energie wat probeer om probleme so vinnig as moontlik op te los. Dit is egter in hierdie toetse wat geloof en vertroue geopenbaar word. Soms lei God ons na ‘n plek waar ons nêrens anders heen kan gaan as na Hom nie. Is dit waar jy vandag is? Vertrou dan op God se krag, liefde en getrouheid en Hy sal jou veilig daardeur lei.
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min