Woord vir Vandag - 15 Maart 2026

Loading player...
“Elkeen van julle moet respek hê vir julle ma… Ek, die Here, is julle God.” Levitikus 19:3 NLV
Sorg goed vir jou ma
Wanneer jou ouers oud word en minder in staat is om na hulself om te sien, benodig hulle sekere dinge van jou, soos liefde, vriendelikheid, geduld, teerheid, sensitiwiteit en begrip. Toe jy ‘n kind was, het jou ma jou by die skool opgelaai omdat jy nie daarvan gehou het om bus te ry nie, en nou is jy kwaad vir haar omdat sy vyf minute laat is. As jy ‘n tiener is, is dit verkeerd om vriendeliker, bedagsamer en geduldiger met jou vriende en jou vriende se ma’s te wees as met jou eie ma. As jy inderwaarheid jou vriende behandel het soos jy jou ma behandel, sou jy nie baie vriende oorgehad het nie. As jy ook hulle ma’s behandel het soos jy jou eie behandel, sou hulle ma’s nie toelaat dat haar kind enigiets met jou te doen het nie. Wanneer jou ma oud word en meer sorg nodig het, is dit tyd om die leisels oor te neem! ‘Maar sy kla altyd,’ sê jy. Ja, net soos jy gedoen het, nie waar nie? ‘Maar sy praat net oor haarself en vra dieselfde vrae oor en oor.’ Soos hulle ouer word, ervaar ons ouers vrese wat hulle nog nooit tevore gehad het nie en hulle het jou nodig om hulle gerus te stel dat jy altyd daar vir hulle sal wees. Een van die laaste dinge wat Jesus gedoen het toe Hy aan die kruis gesterf het, was om die sorg van sy moeder, Maria, aan sy goeie vriend en dissipel, Johannes, toe te vertrou: ‘Daarna sê Hy vir die dissipel: ‘Kyk, daar is jou ma.’ Van daardie uur af het die dissipel Jesus se ma by hom aan huis geneem’ (Johannes 19:27 NKV). Die woord vir jou vandag is dus - sorg goed vir jou ma.
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min