Só gaan regering se BTW-inkomste vermeerder

Loading player...
Finansminister Ericah Shafudah verwag 'n groot toename in BTW-inkomste vir die 2026/27-boekjaar, van 20 miljard Namibiese dollar in die huidige een tot 23 miljard dollar in die volgende een. Met die lewering van haar 2026/27-nasionale begroting het Shafudah 'n reeks hervormings ingestel om hierdie toename moontlik te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met PwC se belastingleier, Chantell Husselmann, gesels wat uiteensit hoe dit bereik kan word.
27 Feb 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Omusati-landbouproduksie groei goed

Landbouproduksie in die Omusati-streek het in 2025/2026 beduidende vordering getoon, gedryf deur 'n groter fokus op besproeiing en waardetoevoeging van vee. Goewerneur Immanuel Shikongo het in sy streeksrede gesê dat belangrike ontwikkelings insluit massiewe mielie-oeste by die Etunda-besproeiingskema, die konstruksie van 'n groot veevoerkraal en voortgesette beleggings in waterinfrastruktuur.
26 Jun 11AM 1 min

TLU SA verwelkom nuwe BKS beheermaatreëls

Die landbou-organisasie, TLU SA, verwelkom die nuwe bek-en-klouseer-beheermaatreëls en sê dis ʼn stap in die regte rigting. Die Departement van Landbou het ʼn nuwe raamwerk bekendgestel vir ʼn enkele, geïntegreerde nasionale stelsel om bek-en-klouseer-uitbrekings, van opsporing tot herstel, te bestuur. Bennie van Zyl van TLU SA sê enige maatreëls wat…
26 Jun 11AM 1 min

Daar's vordering met sportinfrastruktuur in streke

Adjunk-sportminister Dino Ballotti het vroeër aangekondig dat 200 miljoen Namibiese dollar toegewys is vir sportinfrastruktuur en plaaslike ligas, wat die weg sal baan vir die land om weer internasionale sokkerwedstryde aan te bied. Kosmos 94.1 Nuus het met sportkommentator Isak Hamata gepraat oor die vordering in die streke.
26 Jun 10AM 1 min

Geestesongesteldhede moenie soos kriminaliteit behandel word

Verskeie gevalle van geestesversteurde pasiënte wat met die gereg gebots het was onlangs in die nuus. In een geval het Andrea Feris haar swaer na bewering met 'n mes aangeval en Giano Seibeb, wat op 30 April naak binne Staatshuis aangetref is, is Donderdag ongeskik verklaar om verhoor te word…
26 Jun 10AM 1 min