Woord vir Vandag - 16 Maart 2026

Loading player...
“…Here, maak tog sy oë oop sodat hy kan sien!..” 2 Konings 6:17 NLV
Wees sensitief vir God se teenwoordigheid
Een oggend het ‘n slaaf van die profeet Elisa in die stad Dotan wakker geword en was verskrik om te sien dat ‘n vyandige leër hom en sy baas omsingel het. ‘…Benoud roep hy vir Elisa: ‘Ag, Meneer, wat moet ons nou maak?’ ‘Moenie bang wees nie!’ sê Elisa vir hom. ‘Daar is meer aan ons kant as aan hulle kant!’ Toe bid Elisa: ‘Here, maak tog sy oë oop sodat hy kan sien!’ Die Here het sy dienaar se oë oopgemaak. Toe hy opkyk, sien hy dat daar baie perde en strydwaens van vuur op die heuwels rondom Elisa was’ (verse 15-17 NLV). Wat as dit ook jou gebed word? Wat as God elke keer wanneer jy uitgedaag of belas word, jou geestelike oë oopmaak sodat jy kan sien dat jy deur sy krag en beskerming omring word? Dit het met twee volgelinge van Jesus gebeur, wat na die kruisiging op die pad na Emmaus geloop het. ‘n Derde man het by hulle aangesluit. Dit was Jesus wat saam met hulle geloop en praat het - maar hulle het Hom nie herken totdat Hy begin bid het nie. Toe besef hulle wie Hy is en sê: ‘…Was ons harte nie vuur en vlam in ons toe Hy met ons op pad gepraat en die Skrif vir ons geïnterpreteer het nie?’ (Lukas 24:32 NLV). Wat as jy op pad na Emmaus toe, op pad werk toe, skool toe of huis toe was - en Jesus was daar reg langs jou? Wat as jou hart ook vuur en vlam op Hom kon reageer en jy werklik sy teenwoordigheid kon ervaar? Jy kan. Reik net na Hom toe uit, herken Hom en reageer op Hom.
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min