Woord vir Vandag - 16 Maart 2026
Loading player...
“…Here, maak tog sy oë oop sodat hy kan sien!..” 2 Konings 6:17 NLV
Wees sensitief vir God se teenwoordigheid
Een oggend het ‘n slaaf van die profeet Elisa in die stad Dotan wakker geword en was verskrik om te sien dat ‘n vyandige leër hom en sy baas omsingel het. ‘…Benoud roep hy vir Elisa: ‘Ag, Meneer, wat moet ons nou maak?’ ‘Moenie bang wees nie!’ sê Elisa vir hom. ‘Daar is meer aan ons kant as aan hulle kant!’ Toe bid Elisa: ‘Here, maak tog sy oë oop sodat hy kan sien!’ Die Here het sy dienaar se oë oopgemaak. Toe hy opkyk, sien hy dat daar baie perde en strydwaens van vuur op die heuwels rondom Elisa was’ (verse 15-17 NLV). Wat as dit ook jou gebed word? Wat as God elke keer wanneer jy uitgedaag of belas word, jou geestelike oë oopmaak sodat jy kan sien dat jy deur sy krag en beskerming omring word? Dit het met twee volgelinge van Jesus gebeur, wat na die kruisiging op die pad na Emmaus geloop het. ‘n Derde man het by hulle aangesluit. Dit was Jesus wat saam met hulle geloop en praat het - maar hulle het Hom nie herken totdat Hy begin bid het nie. Toe besef hulle wie Hy is en sê: ‘…Was ons harte nie vuur en vlam in ons toe Hy met ons op pad gepraat en die Skrif vir ons geïnterpreteer het nie?’ (Lukas 24:32 NLV). Wat as jy op pad na Emmaus toe, op pad werk toe, skool toe of huis toe was - en Jesus was daar reg langs jou? Wat as jou hart ook vuur en vlam op Hom kon reageer en jy werklik sy teenwoordigheid kon ervaar? Jy kan. Reik net na Hom toe uit, herken Hom en reageer op Hom.