Woord vir Vandag - 17 Maart 2026

Loading player...
“Ek het tot die Here gebid en Hy het my geantwoord. Hy het my bevry van alles waarvoor ek bang is.” Psalm 34:5 NLV
‘n Gebed vir vertroue in die Here
Vader, ek kom met vrymoedigheid voor u troon om barmhartigheid en genade te verkry om van emosionele onsekerheid verlos te word (sien Hebreërs 4:16). U Woord sê dat U u genade oorvloedig oor my sal stort, sodat ek altyd in alle dinge genoeg sal hê en oorvloedig sal wees in elke goeie werk (sien 2 Korintiërs 9:8). Ek verwerp elke gedagte van ontoereikendheid en elke idee wat in teenstelling is met wat u Woord sê oor wie ek is en wat ek kan doen (sien 2 Korintiërs 10:5). Ek weerstaan enige angs oor die moontlikheid om ‘n sosiale of professionele posisie of verhouding te verloor. Ek weet dat niemand u doel vir my lewe kan dwarsboom nie. U, o Here, het my bestemming bepaal (sien Jesaja 14:27). ‘Here, U alleen is my erfenis, my beker van seën. U waarborg my lotsbestemming’ (Psalm 16:5 NLV). U Woord sê dat U my doelbewus in die moederskoot gevorm het om u dienaar te wees. Daarom verbly ek myself en vertrou dat ek perfek ontwerp is om my lewensdoel te behaal (sien Jesaja 49:5). As gevolg van u genade wandel ek nie in self-twyfel of in selfvertroue nie, want ek weet dat ek sonder U absoluut niks kan doen nie (sien Johannes 15:5). Daarom is my oë alleenlik op U gerig om oneindig meer te doen as wat ek kan vra of dink om te vra, volgens u krag wat in my werk (sien Efesiërs 3:20). Ek dank U dat U my verhoor het, my van al my vrese verlos het en dat hulle geen mag meer oor my lewe het nie (sien Psalm 34:5). In die Naam van Jesus Christus bid ek dit, amen.
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min