Woord vir Vandag - 19 Maart 2026
Loading player...
“…Maar hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het God se genade geword.” Romeine 5:20 NLV
Oorvloedige genade
The Scarlet Letter is die verhaal van ‘n vrou wat betrap is dat sy owerspel gepleeg het en ‘n skarlakenrooi ‘A’ op haar rok moes dra as ‘n simbool van haar skande. Ons doen dieselfde, nie waar nie? Ons etiketteer mense op grond van ‘n fout. Dit is egter nie hoe God ons sien nie. Hy neem die grafklere van sonde weg en bedek ons met klere van verlossing (sien Jesaja 61:10). Hy gee vir elkeen van ons ‘n nuwe naam, ‘n nuwe identiteit en ‘n nuwe bestemming. Daar is ‘n verhaal in die Bybel wat met Hawthorne se The Scarlet Letter ooreenstem. ‘n Vrou is op heterdaad betrap waar sy owerspel pleeg. Die godsdienstige skare was gereed om haar te stenig toe Jesus ingegryp het. Hy het vir die skare gesê: ‘…Laat die een onder julle wat sondeloos is, die eerste een wees wat ‘n klip na haar gooi’ (Johannes 8:7 NLV). Een vir een het die skare hul klippe laat val en weggeloop. Toe sê Jesus vir die vrou: ‘... Gaan maar, en moet van nou af nie meer sonde doen nie’ (vers 11 NLV). Wanneer jy van iemand se mislukking hoor, moet jy John Bradford se bekende gesegde onthou: ‘But for the grace of God, there go I.’ Wees lief vir mense wanneer hulle dit die minste verwag en dit die minste verdien. Dis hoe jy iemand se lewe verander. Dis wat Jesus met hierdie vrou gedoen het. Toe die Fariseërs mense afgeskryf het, het Hy hulle aanvaar. Toe almal anders hulle die deur gewys het, het Jesus hulle genade betoon. Een daad van genade kan die ergste oomblik in iemand se lewe in ‘n beslissende oomblik verander. Jy kan daardie agent van genade wees.