Woord vir Vandag - 19 Maart 2026

Loading player...
“…Maar hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het God se genade geword.” Romeine 5:20 NLV
Oorvloedige genade
The Scarlet Letter is die verhaal van ‘n vrou wat betrap is dat sy owerspel gepleeg het en ‘n skarlakenrooi ‘A’ op haar rok moes dra as ‘n simbool van haar skande. Ons doen dieselfde, nie waar nie? Ons etiketteer mense op grond van ‘n fout. Dit is egter nie hoe God ons sien nie. Hy neem die grafklere van sonde weg en bedek ons met klere van verlossing (sien Jesaja 61:10). Hy gee vir elkeen van ons ‘n nuwe naam, ‘n nuwe identiteit en ‘n nuwe bestemming. Daar is ‘n verhaal in die Bybel wat met Hawthorne se The Scarlet Letter ooreenstem. ‘n Vrou is op heterdaad betrap waar sy owerspel pleeg. Die godsdienstige skare was gereed om haar te stenig toe Jesus ingegryp het. Hy het vir die skare gesê: ‘…Laat die een onder julle wat sondeloos is, die eerste een wees wat ‘n klip na haar gooi’ (Johannes 8:7 NLV). Een vir een het die skare hul klippe laat val en weggeloop. Toe sê Jesus vir die vrou: ‘... Gaan maar, en moet van nou af nie meer sonde doen nie’ (vers 11 NLV). Wanneer jy van iemand se mislukking hoor, moet jy John Bradford se bekende gesegde onthou: ‘But for the grace of God, there go I.’ Wees lief vir mense wanneer hulle dit die minste verwag en dit die minste verdien. Dis hoe jy iemand se lewe verander. Dis wat Jesus met hierdie vrou gedoen het. Toe die Fariseërs mense afgeskryf het, het Hy hulle aanvaar. Toe almal anders hulle die deur gewys het, het Jesus hulle genade betoon. Een daad van genade kan die ergste oomblik in iemand se lewe in ‘n beslissende oomblik verander. Jy kan daardie agent van genade wees.
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min