Woord vir Vandag - 20 Maart 2026

Loading player...
“As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind.” Jeremia 29:13 NLV
Seëvierende gebed
In ‘n ou boek genaamd Prevailing Prayer, word John Wesley se gebedslewe só beskryf: ‘As gewoonte en reël het John Wesley se gewone gebed twee uur per dag in beslag geneem. Soms het hy sy vriende en familie bymekaar gemaak en die hele nag, of totdat die krag van God duidelik geword het, gebid. Niks is as te groot of te klein beskou om na die Here te bring nie. Een keer het John Wesley tydens sy preekbeurt so erg pyn gehad dat hy nie verder kon praat nie. ‘Ek weet wat die geneesmiddel is,’ het hy gesê en onmiddellik neergekniel. Binne oomblikke was die pyn weg. Wesley het van hierdie oomblik waar hy so pyn en koors gehad het dat hy nie kon praat nie, gesê: ‘Ek het Jesus hardop aangeroep om my geloof te vermeerder. Terwyl ek gepraat het, het my pyn verdwyn, my koors het my verlaat en my liggaamlike krag het teruggekeer.’ Wesley het die wêreld met die vuur van sy ywer aangegryp, omdat hy die hemel met die vuur van sy gebede aangegryp het. Sy gebede het mense se gewete aangegryp, omdat dit hulle toegang tot God gegee het.’ Waarom het Wesley elke dag twee uur in gebed deurgebring? 1) Omdat hy gebed as ‘n krag wat hom reinig en korrigeer gesien het. In een van sy gebede het hy gesê: ‘Vul tog alles wat ontbreek, herstel wat in my verkeerd is en vervolmaak my innerlike wese.’ 2) Omdat hy geweet het dat God se wil die enigste plan en doel is waaraan God verbind is. ‘Dit is die vrymoedigheid wat ons voor God het, dat wat ons ook al volgens sy wil vra, Hy na ons luister’ (1 Johannes 5:14 NLV).
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min