Woord vir Vandag - 21 Maart 2026

Loading player...
“Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.” Matteus 5:3 AFR53
Die eerste Saligspreking
Wat beteken dit werklik om ‘arm van gees’ te wees? Dit het niks met finansies of status te doen nie. Dit beteken dat jy van jou eie geestelike armoede bewus word - dat jy sonder God niks is nie, niks het nie en niks van belang of ewige voordeel kan doen nie. Om arm van gees te wees, beteken dat jy weet dat jou selfgeregtigheid soos vuil klere is en jou selfgedrewe prestasies ten beste kortstondig en vlietend is (sien Jesaja 64:6). Om arm van gees te wees, beteken dat jy weet dat jy God nodig het. Hoekom sal dit jou dan seën en salig maak? Omdat jy ontvanklik is om God se gratis geskenk van verlossing te ontvang en die Heilige Gees toe te laat om in jou lewe te werk. Jy is bereid om jouself te verootmoedig en te bid: ‘Here Jesus, ek het U nodig. Ek aanvaar U as my Verlosser. Ek wil my lewe aan u wil oorgee en dinge op u manier tot eer van u Naam doen.’ As jy arm van gees is, is jy bereid om jouself geestelik bankrot te verklaar. Wanneer jy dit doen, lê jy jou trots van gees, jou trots van wil, jou trots van intellek en jou trots van hart aan die voete van Jesus neer. As jy arm van gees is, stel jy jouself vir God se reddende barmhartigheid en genade oop. Gevolglik kan jy God se koninkryk binnegaan en al sy voordele en seëninge geniet. ‘Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele’ beteken dat jy opreg kan bid: ‘Here, ek erken my totale afhanklikheid aan U.’
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min