Woord vir Vandag - 21 Maart 2026
Loading player...
“Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.” Matteus 5:3 AFR53
Die eerste Saligspreking
Wat beteken dit werklik om ‘arm van gees’ te wees? Dit het niks met finansies of status te doen nie. Dit beteken dat jy van jou eie geestelike armoede bewus word - dat jy sonder God niks is nie, niks het nie en niks van belang of ewige voordeel kan doen nie. Om arm van gees te wees, beteken dat jy weet dat jou selfgeregtigheid soos vuil klere is en jou selfgedrewe prestasies ten beste kortstondig en vlietend is (sien Jesaja 64:6). Om arm van gees te wees, beteken dat jy weet dat jy God nodig het. Hoekom sal dit jou dan seën en salig maak? Omdat jy ontvanklik is om God se gratis geskenk van verlossing te ontvang en die Heilige Gees toe te laat om in jou lewe te werk. Jy is bereid om jouself te verootmoedig en te bid: ‘Here Jesus, ek het U nodig. Ek aanvaar U as my Verlosser. Ek wil my lewe aan u wil oorgee en dinge op u manier tot eer van u Naam doen.’ As jy arm van gees is, is jy bereid om jouself geestelik bankrot te verklaar. Wanneer jy dit doen, lê jy jou trots van gees, jou trots van wil, jou trots van intellek en jou trots van hart aan die voete van Jesus neer. As jy arm van gees is, stel jy jouself vir God se reddende barmhartigheid en genade oop. Gevolglik kan jy God se koninkryk binnegaan en al sy voordele en seëninge geniet. ‘Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele’ beteken dat jy opreg kan bid: ‘Here, ek erken my totale afhanklikheid aan U.’