Woord vir Vandag - 22 Maart 2026

Loading player...
“Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.” Matteus 5:4 AFR53
Die tweede Saligspreking
Jesus praat nie noodwendig hier oor die verlies van ‘n geliefde nie, maar dat diegene wat oor hul sondes treur, God se vertroosting sal ontvang. Wanneer jy oor jou sondes en die probleme wat hulle vir jouself en ander meegebring het treur, plaas jy jouself in ‘n posisie om God se vergifnis te ontvang. Ware bekering fokus nie op die self nie. Dit is nie morbied of wanhopig nie; dit spruit nie uit valse nederigheid of selfbejammering nie. Dit is om openlik, duidelik en eenvoudig te erken dat jy God se genade nodig het. Solank as wat jy jou in jou sondes verlustig, probeer om dit te regverdig of ander daarvoor blameer, kan jy nie vergewe word nie. Dit is slegs wanneer jy bid: ‘Ek bely dat ek teen U gesondig het in my gedagtes, my woorde en my dade,’ dat jy jouself in ‘n posisie plaas om van jou sonde gereinig te word. Die Bybel sê: ‘As ons beweer dat ons nie sonde het nie, mislei ons onsself en leef ons nie volgens die waarheid nie. As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alle verkeerde optrede’ (1 Johannes 1:8-9 NLV). Daarin lê ons troos! Dit is God se vergifnis wat ware vreugde en troos in ons siele voortbring. Dit is God se vergifnis wat ons diep innerlike wonde genees en wat ons intimiteit met ons hemelse Vader herstel. Dawid het gesê: ‘Maar ek het my oortredings bely, my sonde nie weggesteek nie. Ek het gesê: ‘Ek bely my opstand teen die Here.’ En my sonde en oortredings het U vergewe’ (Psalm 32:5 NLV).
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min