Woord vir Vandag - 23 Maart 2026

Loading player...
“Gelukkig is dié wat sag van hart is, want die nuwe aarde sal hulle erfporsie wees.” Matteus 5:5 NLV
Die derde Saligspreking
Om ‘sag van hart’ te wees, beteken nie om ‘n deurmat, besluiteloos, skugter, angstig of ruggraatloos te wees nie. Dit beteken nie dat jy soos ‘n verloorder of ‘n lafhartige swakkeling optree nie. Sagmoedigheid is beheersde mag. Die Bybel sê dat Moses sagmoedig was, meer as enigiemand anders op daardie stadium op aarde (sien Numeri 12:3). Tog was hy bereid om farao teen te staan, om ‘n klaende volk deur die woestyn te lei en ‘n berg wat rook en bewe te klim om persoonlik met die almagtige God te ontmoet. Jesus het Homself as ‘…sag en nederig van hart…’ (Matteus 11:29 NLV), beskryf. Tog was Hy die dapperste man wat ooit geleef het. Wat het Moses en Jesus sagmoedig gemaak? Hulle het beheerste mag gehad. Spreuke 16:32 (AFR83) beskryf hierdie soort mag as volg: ‘’n Geduldige mens het meer waarde as ‘n bedrewe vegter, ‘n mens met selfbeheersing meer as iemand wat ‘n stad inneem. Spreuke 25:28 (NLV) beskryf die teenoorgestelde van iemand wat sagmoedig is: ‘Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ‘n stad sonder ‘n muur wat beskerming bied.’ Die sagmoediges is diegene wat die mag het om seer te maak, maar kies om dit nie te doen nie. Hulle het kennis om iemand se reputasie te vernietig, maar gebruik dit nie. Hulle het rede om te haat, maar weier om daarop te reageer. Sagmoedigheid is bloot krag wat ingespan en gebruik word om goed te doen. Diegene wat sagmoedig is, wandel in God se seën. Die sagmoediges volhard totdat die goeie die kwaad oorwin, antwoorde gevind word en versoening vervreemding oorwin. Die sagmoediges slaap snags goed - want hulle vertrou op die Here!
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min