Woord vir Vandag - 24 Maart 2026
Loading player...
“Gelukkig is dié wat honger en dors na wat voor God reg is, want Hy sal hulle hartsverlange bevredig.” Matteus 5:6 NVL
Die vierde Saligspreking
Geregtigheid is nie ‘n opsionele geestelike bysaak nie; dit is ‘n noodsaaklikheid vir ‘n Christelike lewe. Dit is iets wat jy net soveel moet begeer as wat ‘n honger man kos en ‘n dorstige man water begeer. Honger jy na meer van Jesus? Het jy ‘n aptyt vir sy Woord? Verlang jy daarna om die koninkryk van God te ervaar? Indien wel, sê Jesus dat jy ‘bevredig’ sal word. Hy sal jou meer van Homself gee. Wanneer jy na geregtigheid honger, sal Hy jou die krag van ‘n regverdige lewe gee - om God se gebooie te onderhou en die leiding van die Heilige Gees dag vir dag te volg. Die Here sal jou die krag gee om ‘nee’ vir geleenthede wat nie reg in sy oë is nie, te sê. Hy sal jou ook die krag gee om vir daardie dinge wat van ewige voordeel is ‘ja’ te sê en om sy krag vir die regte besluite, regte dade en regte woorde op die regte tye, in die regte situasies, vir die regte resultate te gebruik. Die Here sal jou met die vermoë vul om sy agent by die huis, by die skool, in jou werkplek, in die politieke arena en in die kerk te wees. Wanneer jy na geregtigheid honger en dors, sal God jou met sy teenwoordigheid, sy krag en sy vrede bevredig. Wanneer jy waarlik meer van die Here begeer, sal jy meer van die Here ontvang, tot by die punt waar jy tot oorlopens toe gevul sal wees. God kom sy beloftes na en Hy sal ook hierdie een nakom: ‘Gelukkig is dié wat honger en dors na wat voor God reg is, want Hy sal julle hartsverlange bevredig.’