Woord vir Vandag - 24 Maart 2026

Loading player...
“Gelukkig is dié wat honger en dors na wat voor God reg is, want Hy sal hulle hartsverlange bevredig.” Matteus 5:6 NVL
Die vierde Saligspreking
Geregtigheid is nie ‘n opsionele geestelike bysaak nie; dit is ‘n noodsaaklikheid vir ‘n Christelike lewe. Dit is iets wat jy net soveel moet begeer as wat ‘n honger man kos en ‘n dorstige man water begeer. Honger jy na meer van Jesus? Het jy ‘n aptyt vir sy Woord? Verlang jy daarna om die koninkryk van God te ervaar? Indien wel, sê Jesus dat jy ‘bevredig’ sal word. Hy sal jou meer van Homself gee. Wanneer jy na geregtigheid honger, sal Hy jou die krag van ‘n regverdige lewe gee - om God se gebooie te onderhou en die leiding van die Heilige Gees dag vir dag te volg. Die Here sal jou die krag gee om ‘nee’ vir geleenthede wat nie reg in sy oë is nie, te sê. Hy sal jou ook die krag gee om vir daardie dinge wat van ewige voordeel is ‘ja’ te sê en om sy krag vir die regte besluite, regte dade en regte woorde op die regte tye, in die regte situasies, vir die regte resultate te gebruik. Die Here sal jou met die vermoë vul om sy agent by die huis, by die skool, in jou werkplek, in die politieke arena en in die kerk te wees. Wanneer jy na geregtigheid honger en dors, sal God jou met sy teenwoordigheid, sy krag en sy vrede bevredig. Wanneer jy waarlik meer van die Here begeer, sal jy meer van die Here ontvang, tot by die punt waar jy tot oorlopens toe gevul sal wees. God kom sy beloftes na en Hy sal ook hierdie een nakom: ‘Gelukkig is dié wat honger en dors na wat voor God reg is, want Hy sal julle hartsverlange bevredig.’
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min