Woord vir Vandag - 25 Maart 2026

Loading player...
“Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.” Matteus 5:7 AFR83
Die vyfde Saligspreking
Barmhartigheid is meer as vergifnis, minder as liefde, anders as genade en een met geregtigheid. Vergifnis spring eers aan die werk wanneer ‘n oortreding gepleeg word, maar barmhartigheid is te alle tye operasioneel. Barmhartigheid lei tot en bring vergifnis voort, maar barmhartigheid is meer as vergifnis. Barmhartigheid reik na die swakkes, die behoeftiges en diegene wat beskerming en leiding nodig het, uit. Net soos vergifnis uit barmhartigheid vloei, vloei barmhartigheid uit liefde. Liefde is die bron van barmhartigheid, maar liefde is groter as barmhartigheid - dit bestaan los van enige behoefte of sonde. Barmhartigheid bied verligting van straf, maar genade bied volkome vergifnis. Barmhartigheid verlig ons pyn, maar genade genees die siekte. Barmhartigheid sien foute oor, maar genade vergeet die foute. God is terselftertyd beide barmhartig en regverdig. Barmhartigheid wat sonde ignoreer of weier om dit te hanteer, is valse barmhartigheid. Geregtigheid vereis dat ons sonde in die gesig staar en dit hanteer. Barmhartigheid gee ons die voorreg om sonde in die gesig te staar en dit te hanteer, sodat ons vergewe kan word. Jesus het gesê: ‘Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.’ Hoe meer barmhartigheid ons betoon, hoe meer barmhartigheid ontvang ons van God. Ons moet kanale vir God se barmhartigheid wees, met ‘n steeds toenemende kapasiteit om dit aan ander te bewys. Die persoon wat barmhartigheid betoon, word van emosionele kettings losgemaak, van geestelike slawerny bevry en van die bitterheid wat geestelike groei belemmer, bevry. Barmhartigheid wat van God na ons vloei, verwyder die dinge wat ons verhinder om heel te word. Die goeie nuus is dat ons nooit gevra sal word om meer barmhartigheid aan ander te bewys as wat God aan ons bewys nie.
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min