Woord vir Vandag - 26 Maart 2026

Loading player...
“Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.” Matteus 5:8 AFR83
Die sesde Saligspreking
Die Griekse woord vir ‘rein’ is katharos, waarvandaan ons ons Engelse woord ‘catharsis’ kry. Psigiaters praat van ‘n katarsis as die reiniging van ‘n persoon se vernietigende denkwyses. Die Bybelse woord verwys na ‘n reiniging wat alle onsuiwerhede uit jou innerlike gees verwyder - onsuiwerhede wat bose gedagtes, bose begeertes, wellus van die vlees en valse roem op besittings, insluit (sien 1 Johannes 2:16). Om rein te wees, is om al hierdie onsuiwerhede te verwyder sodat jy Christus Jesus se karakter kan weerspieël. Een van die grootste probleme in ons samelewing en selfs in baie kerke, is dubbelsinnigheid. Ons het gemengde motiewe, ‘n verdeelde verstand en hart. Ons moet ophou om ons lewens apart te hou, sodat ons op een manier rondom mede-Christene praat en optree en op ‘n ander manier rondom diegene wat Christus nie ken nie. Om rein van hart te wees, beteken om integriteit te hê - om jou hart, jou kop en jou hande met die gebooie van God in lyn te bring en te integreer. Wanneer jy integriteit het, sê jy wat jy doen en doen wat jy sê. Jesus het baie duidelik gesê: ‘Niemand kan tegelyk twee base dien nie…’ (Matteus 6:24 NLV). ‘Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.’ Diegene wat rein van hart is, sien God se liefdevolle hart en barmhartigheid in elke Skrifgedeelte. Hulle sien dat God omstandighede vorm, gebruik en ontwerp om sy doeleindes te dien. Hulle sien God te midde van hul eie probleme, pyn en lyding. Wanneer jou hart se begeerte is om God beter te sien en te ken, sal Hy daardie begeerte vervul.
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min