Woord vir Vandag - 27 Maart 2026

Loading player...
“Gelukkig is die vredemakers, want God sal vir hulle sê: ‘Julle is mý kinders.’” Matteus 5:9 NLV
Die sewende Saligspreking
Die Hebreeuse woord vir ‘vrede’ is shalom; dit verwys na ‘n gevoel van welstand wat kalmte en vertroue, selfs in ‘n krisis, voortbring. Dis versekering te midde van onsekerheid en verwarring. Diegene wat ‘n onwrikbare, onwankelbare, rotsvaste vertroue in God het, is diegene wat ware vrede in hulle harte ervaar. Hoe verkry mens sulke vrede? Eerstens moet jy weet wat God in sy Woord sê en dit glo. Jy moet God se Woord die fondament van alles wat jy glo, alles wat jy sê en alles wat jy doen, maak. Jy moet geloof in God se Woord hê en jou wil aan sy gebooie en sy plan oorgee. Jy moet jou verwagtinge en hoop in sy beloftes en sy begeertes wortel. Ware vrede van hart word altyd op die waarheid gebou - die waarheid van wie God is, wie jy in Hom is en hoe God wil hê jy teenoor Hom en ander mense moet optree. Om God se waarheid te ken, is om God se vrede te ervaar. Wanneer jy daarna streef om hierdie soort vrede na die harte van ander te bring, tree jy soos jou hemelse Vader op. Dit is God se begeerte dat jy met Hom versoen moet word en verlossing en ware hartsvrede moet ervaar. ‘Onderwerp jou aan God, dan sal jy vrede hê en sal alles met jou goed gaan’ (Job 22:21 NLV). Paulus het gesê: ‘As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, is daar nou vrede tussen God en ons op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het’ (Romeine 5:1 NLV). Ons uiteindelike rol as vredemakers is nie net om ander mense aan te spoor om in vrede met mekaar te leef nie, maar ook in vrede met God.
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min