Woord vir Vandag - 28 Maart 2026

Loading player...
“Gelukkig is dié wat vervolg word ter wille van wat voor God reg is, want hulle het deel aan sy koninkryk.” Matteus 5:10 NLV
Die agste Saligspreking
Jesus het gesê: ‘Gelukkig is dié wat vervolg word ter wille van wat voor God reg is, want hulle het deel aan sy koninkryk. Gelukkig is julle wanneer julle bespot en vervolg word en allerhande leuens oor julle versprei word omdat julle my dissipels is. Wees bly, ja, jubel daaroor, want God sal julle ryklik daarvoor beloon…’ (verse 10-12 NLV). Om ter wille van geregtigheid vervolg te word, is om te leef soos Jesus geleef het - met sy karakter, sy motiewe, sy gehoorsaamheid, sy vertroue in die Vader en sy reinheid van hart. Dit is om ‘n vredemaker te wees, om te honger en te dors na wat reg is, om jou rug op sonde te draai en ‘n fontein van barmhartigheid te wees. As jy so leef, sal jy vervolg word, net soos Jesus vervolg is. Jesus het die waarheid gepraat, die waarheid geleef en was bereid om vir die waarheid te sterf. Hy het nooit probeer om ‘n bakleiery te begin nie, maar Hy het elke keer wanneer die waarheid uitgedaag is, daarvoor opgestaan Hy het ook belowe dat wanneer jy om dieselfde redes as Hy beledig en mishandel word, jy die koninkryk van die hemel sal ontvang, mits jy getrou bly. Jy sal dus ‘n beloning in die hemel hê en jy sal geestelike gesag in die koninkryk van die hemel ontvang. Die lyding wat jy hier op aarde mag ondervind, is slegs tydelike verwerping, belediging of mishandeling. Wat jy egter in die hemel verkry, sal ewig en glorieryk wees. Die Bybel sê: ‘Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie’ (Romeine 8:18 NLV).
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min