Woord vir Vandag - 29 Maart 2026

Loading player...
Hou julle lewe vry van die honger na geld. Laat wat julle het, vir julle genoeg wees…” Hebreërs 13:5 NLV
Wees tevrede
Mense wat gelukkig was toe hulle hul klere by tweedehandse winkels gekoop het, bly gewoonlik gelukkig sodra hulle ontwerpersklere kan bekostig. Diegene wat nie gelukkig was nie, is steeds dieselfde ongelukkige as toe hulle arm was; hulle trek net beter aan. Om te leer hoe om tevrede te wees met wat jy het en om daarvoor dankbaar te voel, moet jy ‘n begrip van dit wat geld kan en nie kan doen nie, hê. Daar is dinge in die lewe waarop jy nie ‘n prys kan plaas nie: goeie gesondheid, ‘n familie wat jou liefhet, die ondersteuning van ‘n jarelange vriendskap, die gevoel van prestasie wanneer jy sien dat jou harde werk vrugte afwerp. Jy kan nie hierdie ‘besittings’ in terme van kontant waardeer nie. As jy dink jy het niks om voor dankbaar te wees nie, dink aan die geluid van jou kind se lag, die gebreek van die see wanneer golwe die strand tref, die onvoorwaardelike groet wat jy elke dag van jou troeteldier ontvang en die drukkie van ‘n vriend wat jy lank nie gesien het nie. Hierdie items is van onskatbare waarde en het niks met aandele of winste te doen nie. Wanneer jy alles in die lewe begin tel, kom jy agter dat die beste dinge gratis is. As jy nie met jou finansiële situasie gelukkig is nie, moet jy stappe neem om dit te verander. Dis wysheid en goeie rentmeesterskap. Voordat jy dit egter kan doen, moet jy ‘n oudit van jou persoonlike bates doen. Ja, dit kan opwindend wees om die buit van sukses te geniet. Jy moet egter onthou om ook die skoonheid van die lewe te waardeer - dis gratis. Dit sal vir jou vervulling op ‘n manier wat geld en dinge nooit kan doen nie, bring.
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min