Woord vir Vandag - 30 Maart 2026

Loading player...
“…Alles wat ons het, kom van U af, en ons gee vir U net dit wat U reeds vir ons gegee het!” 1 Kronieke 29:14 NLV
Jy is ‘n rentmeester
Toe die volk van Israel offers gebring het om die tempel te bou, het Dawid gesê: ‘…Alles in die hemel en op die aarde behoort aan U, Here… Rykdom en eer kom van U alleen… Alles wat ons het, kom van U af, en ons gee vir U net dit wat U reeds vir ons gegee het!’ (verse 11-12, 14 NLV). Stel jou vir ‘n oomblik voor dat jy daarvoor verantwoordelik is om iemand anders se geld weg te gee. Jy mag dit nie spandeer nie; jy mag net besluit waarheen dit moet gaan. ‘n Mens sal dit geniet om so ‘n filantroop te wees! Wie sou dit nie geniet om ‘n lewenslyn te wees vir diegene wat dit werklik nodig het nie? Sou jy nie ‘n bietjie rustiger slaap as jy weet dat jy ‘n verskil in die wêreld gemaak het nie? Dit is die situasie waarin jy jou as rentmeester oor dit wat God aan jou toevertrou het, bevind. Jy is iemand anders se geld en die geleentheid om te besluit waarheen dit moet gaan, gegee. Die enigste iets wat tussen jou en ongebreidelde vreugde staan, is om daardie werklikheid te omhels en jouself in die werk van God se koninkryk op aarde te stort. ‘n Boer koop nie saad om dit te eet of te bêre nie. Hy besluit waar om dit te plant. Eers nadat die saad onherroeplik in die grond geplant is, word ‘n oes teruggegee. Dit is hoe vreugde verwesenlik word. Net anderkant die vrees wat jou vrygewigheid demp, wag ‘n oes van vreugde. Daarom het Paulus geskryf: ‘…munt dan nou ook uit in hierdie liefdeswerk’ (2 Korintiërs 8:7 NLV).
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min