Woord vir Vandag - 31 Maart 2026

Loading player...
“Laat u koningsheerskappy spoedig kom…” Matteus 6:10 NLV
Dra God se koningsheerskappy uit
Elke keer wanneer jy konflik met iemand het, maar na hulle toe gaan en versoening en vergifnis vra – breek God se koninkryk in hierdie wêreld aan. Elke keer wanneer jy geld aan iemand wat honger of haweloos of arm is gee – breek die koninkryk in hierdie wêreld aan. Elke keer wat iemand ‘n verslawing met God se hulp probeer oorkom en bereid is om hulp by ‘n liefdevolle gemeenskap te kry – breek die koninkryk in hierdie wêreld aan. Elke keer as ‘n ouer wat aan sy of haar werk verslaaf is besluit om op te hou om hul werk te verafgod, hul lewe te herrangskik en die gesin wat aan hulle toevertrou is, te begin liefhê en versorg – breek die koninkryk in die hierdie wêreld aan. Elke keer wat jy iemand insluit wat eensaam is, elke keer as jy iemand aanmoedig wat ontmoedig is, elke keer wat jy iemand wat van die pad afdwaal uitdaag en elke keer wanneer jy die behoeftiges dien - breek die koninkryk van God in hierdie wêreld aan. Jesus het ons geleer om te bid: ‘Laat u koningsheerskappy spoedig kom. Laat u wil hier op aarde uitgevoer word soos in die hemel.’ Let op dat Hy nie vir ons gesê het om te bid: ‘Kry my hier uit sodat ek na God se koninkryk kan gaan!’ nie. Sy gebed was: ‘Laat die hemelse dinge aarde toe kom. Laat dinge hier onder, in my lewe, verloop soos hulle daar bo in die hemel verloop.’ Die antwoord op hierdie gebed begin by jou persoonlik: jou liggaam, jou verstand, jou denkwyses, ens. Dan versprei dit na jou werkplek, jou familie, jou buurt, jou kerk en jou invloedsfeer. Dit alles begin deur jouself hierdie vraag af te vra: ‘Waar wil ek God se teenwoordigheid en krag in my wêreld sien aanbreek?
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min