Phala Phala: Cachalia kan nie inmeng by OPOD nie

Loading player...
Die Ministerie van Polisie het verduidelik dat die waarnemende minister, Firoz Cachalia, nie by die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat se ondersoeke of bevindings inmeng of dit lei nie. Dit volg nadat die OPOD-verslag oor die 2020-inbraak by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildplaas in Limpopo gedeklassifiseer is. Die verslag was voorheen “Hoogs Geheim”. Die Polisie-ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê Cachalia se rol is streng omskryf en deur wetgewing beperk om OPOD se onafhanklikheid te beskerm:
3 Mar 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Omusati-landbouproduksie groei goed

Landbouproduksie in die Omusati-streek het in 2025/2026 beduidende vordering getoon, gedryf deur 'n groter fokus op besproeiing en waardetoevoeging van vee. Goewerneur Immanuel Shikongo het in sy streeksrede gesê dat belangrike ontwikkelings insluit massiewe mielie-oeste by die Etunda-besproeiingskema, die konstruksie van 'n groot veevoerkraal en voortgesette beleggings in waterinfrastruktuur.
26 Jun 11AM 1 min

TLU SA verwelkom nuwe BKS beheermaatreëls

Die landbou-organisasie, TLU SA, verwelkom die nuwe bek-en-klouseer-beheermaatreëls en sê dis ʼn stap in die regte rigting. Die Departement van Landbou het ʼn nuwe raamwerk bekendgestel vir ʼn enkele, geïntegreerde nasionale stelsel om bek-en-klouseer-uitbrekings, van opsporing tot herstel, te bestuur. Bennie van Zyl van TLU SA sê enige maatreëls wat…
26 Jun 11AM 1 min

Daar's vordering met sportinfrastruktuur in streke

Adjunk-sportminister Dino Ballotti het vroeër aangekondig dat 200 miljoen Namibiese dollar toegewys is vir sportinfrastruktuur en plaaslike ligas, wat die weg sal baan vir die land om weer internasionale sokkerwedstryde aan te bied. Kosmos 94.1 Nuus het met sportkommentator Isak Hamata gepraat oor die vordering in die streke.
26 Jun 10AM 1 min

Geestesongesteldhede moenie soos kriminaliteit behandel word

Verskeie gevalle van geestesversteurde pasiënte wat met die gereg gebots het was onlangs in die nuus. In een geval het Andrea Feris haar swaer na bewering met 'n mes aangeval en Giano Seibeb, wat op 30 April naak binne Staatshuis aangetref is, is Donderdag ongeskik verklaar om verhoor te word…
26 Jun 10AM 1 min