Cyril beloof ondersteuning vir Suid-Afrikaners in Midde-Ooste

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê die regering werk daaraan om Suid-Afrikaners te help wat gestrand is in lande wat geraak word deur die toenemende konflik tussen die VSA, Israel en Iran. Ramaphosa het tydens die Afrika Energie-indaba in Kaapstad die situasie as gevaarlik en moontlik verreikend beskryf. Hy sê repatriasie sal voortgaan sodra die lugruim weer veilig is, en sê Suid-Afrika het streekleiers betrek om te help met die beskerming van sy burgers:
5 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bekostigbare China kan hernubare energie-pogings help

'n Hoëvlak-afvaardiging is tans in China om kritieke vennootskappe vir hernubare energie te verseker. Amptenare van die Namibiese Groenwaterstofprogram, NamPower, die Omgewingsbeleggingsfonds en die energie-ministerie betrek vervaardigers in Beijing en Sjanghai om bekostigbare wind-, son- en batterytegnologieë te benut wat die land se skoon energie-ambisies kan versnel. Woordvoerder van die…
20 Apr 8AM 1 min

GOOD bekommerd oor Stad Kaapstad se fondse-gebruik

Die GOOD-party sê hy is bekommerd oor die Stad Kaapstad se aanwending van geleende fondse, terwyl inwoners steeds sonder basiese dienste is, in weerwil van bewerings van grootskaalse beleggings in infrastruktuur. Dit hou verband met 'n belegging van 9,7 miljard Suid-Afrikaanse rand wat in 2024 aangekondig is. Die adjunk-sekretaris-generaal van…
20 Apr 8AM 1 min

Insette vir SA se geskiedeniskurrikulum met 30 dae verleng

Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die tydperk om kommentaar te lewer oor die konsep-geskiedenisleerplan en assessering-beleidsverklarings vir graad 4 tot 12 weens openbare belangstelling met 30 dae verleng. Die veranderinge aan die leerplan het met die werk van die ministeriële taakspan vir Geskiedenis begin wat aanvanklik in…
20 Apr 6AM 1 min

Mandelson se bande met China het hom sekuriteitsrisiko gemaak

In Brittanje sal premier Keir Starmer vanmiddag aan die parlement moet verduidelik hoe hy nie geweet het dat sy verkose ambassadeur na die VSA, Peter Mandelson, in sy sekuriteitstoetse en -keuring misluk het. Maar, om die herrie opsy te sit, wil dit voorkom dat sy noue bande met China en…
20 Apr 6AM 1 min

Bank Windhoek stel WhatsApp-bankdienste bekend

Bank Windhoek het die eerste bank in Namibië geword wat bankdienste deur WhatsApp bekendstel. Die innovasie, wat vanoggend bekendgestel is, stel kliënte in staat om saldo's na te gaan, elektrisiteit en lugtyd te koop, mini-bankstate na te gaan, fondse oor te dra en ondersteuning te kry. James Chapman, besturende direkteur…
20 Apr 6AM 1 min