BoN en SARB hernu samewerking

Loading player...
Die goewerneurs van die sentrale banke van Namibië en Suid-Afrika het ‘n hersiene memorandum van verstandhouding onderteken. Dit het plaasgevind tydens Ebson Uanguta se hoflikheidsbesoek aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank en sy goewerneur Lesetja Kganyago, in Pretoria. Die ooreenkoms is 'n opdatering van die twee banke se 2015 ooreenkoms. Die bank se woordvoerder, Naufiku Hamunime het meer.
5 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vissersvakbond val regering aan oor 'verwaarlosing'

Die Mynbou-, Metaal-, Maritieme en Konstruksiewerkersunie het 'n aanval op die regering geloods oor wat hy die voortgesette verwaarlosing van visserswerkers noem. Die vakbond sê werknemers wat gekoppel is aan Etosha Fishing, Namsov, Heinaste, Merlus Cormorant, Omualu Aluhe Fishing en voormalige United Fishing Enterprises wag steeds vir kwotatoekennings, agterstallige betalings…
26 Jun 10AM 1 min

Meer geld in jou sak, as Midde-Ooste bestendig bly

Jan Alleman se beursie kan nou weer dalk asemhaal, as alles onveranderd bly in die Midde-Ooste. 'n Vat Brent-ruolie staan tans onder 73 Amerikaanse dollar en beweeg vinnig na die pryse voor die Midde-Ooste-oorlog. Dit kom nadat ekonome voorspel het dat die ekonomiese herstel tot nege maande gaan duur. Kosmos…
26 Jun 9AM 1 min

Meeste onwettige immigrante in SA se visums het verval

Die Departement van Binnelandse Sake sê die meeste buitelandse burgers wat onwettig in Suid-Afrika woon, het die land wettig binnegekom en nie deur swakbeheerde grense nie. Hoofdirekteur Sihle Mthiyane sê die meerderheid het wettig deur amptelike grensposte aangekom, maar aangebly nadat hul visums of permitte verval het. Hy sê die…
26 Jun 9AM 1 min

Erongo-ontsoutingsprojek kan 20 miljoen kubiek jaarliks lewer

Kosmos 94.1 Nuus het meer inligting oor NamWater en Swakop Uranium se Erongo-ontsoutingsprojek wat Donderdag van stapel gestuur is, om langtermyn-waterinfrastruktuur in die streek te verseker. Die 2,1 miljard Namibiese dollar-projek, wat tydens 'n geleentheid in Windhoek onthul is, is 'n strategiese openbare-private vennootskap om die land se tweede groot…
26 Jun 8AM 1 min

Steenhuisen keur nuwe BKS-maatreëls goed

Landbouminister John Steenhuisen het nuwe nasionale maatreëls vir die beheer van bek-en-klouseer goedgekeur. Dis daarop gerig om veeboere gedurende uitbrekings 'n duideliker pad na herstel te bied, terwyl dit ook Suid-Afrika se landbouhandel en biosekerheid beskerm. Die departement se woordvoerder, Joylene van Wyk, sê die belangrikste van die nuwe maatreëls…
26 Jun 8AM 1 min