
Steenhuisen keur nuwe BKS-maatreëls goed
Loading player...
Landbouminister John Steenhuisen het nuwe nasionale maatreëls vir die beheer van bek-en-klouseer goedgekeur. Dis daarop gerig om veeboere gedurende uitbrekings 'n duideliker pad na herstel te bied, terwyl dit ook Suid-Afrika se landbouhandel en biosekerheid beskerm. Die departement se woordvoerder, Joylene van Wyk, sê die belangrikste van die nuwe maatreëls is die risikogebaseerde roetes wat sekere handelsbedrywighede in tye van kwarantyn sal toelaat:

