Woord vir Vandag - 1 April 2026

Loading player...
“Dit is die gees in die mens wat die mens insig gee, die asem wat van die Almagtige kom.” Job 32:8 NLV
Moenie jouself met ander vergelyk nie
Elihu het skielik in Job 32 sy stem laat hoor. Dit is duidelik dat hy die hele tyd teenwoordig was, maar hy het stilgebly omdat hy geglo het dat Elifas, Bildad en Sofar ouer en wyser as hy was. ‘…Ek is nog jonk, en julle is al oud. Daarom was ek bang. Ek wou nie waag om te sê wat ek dink nie’ (Job 32:6 NLV). Nadat hy die lang en betekenislose argumente van Job se drie ouer vriende aangehoor het, het Elihu skielik die moed gekry om te praat: ‘Dit is die gees in die mens wat die mens insig gee, die asem wat van die Almagtige kom. Maar soms het bejaardes nie begrip nie… Luister daarom na my mening. Ek sal julle sê wat ek dink’ (Job 32:8-10 NLV). Hy het toe vir die volgende ses hoofstukke onophoudelik gepraat. Hy het homself nie meer as minderwaardig teenoor die ander beskou nie. Gevoelens van minderwaardigheid duik op wanneer jy jouself met ander vergelyk. Jy kan ook na die ander uiterste gaan en met ‘n gevoel van meerderwaardigheid opeindig. Daarom moet jy nooit jouself met ander mense vergelyk nie. Het jy al ooit so onvoldoende gevoel dat jy eerder stilgebly het en geweier het om te praat, al het jy ‘n waardevolle gedagte of idee gehad? Jy moet besef dat dit nie jou vermoë is wat jou sukses bepaal nie, maar ‘die asem wat van die Almagtige kom,’ wat jou insig gee. Die geheim tot sukses is om daagliks op God se krag te steun om jou in staat te stel om daardie sukses te bereik. Wanneer jy van hierdie waarheid oortuig is, sal jy nuwe vlakke van risiko en verantwoordelikheid kan aanpak, sonder om mislukking te vrees.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min