Woord vir Vandag - 2 April 2026

Loading player...
“Hierdie oes is die Here s’n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien.” Matteus 9:38 NLV
Hy soek werkers
Toe Martin Luther die werk begin het wat tot die Groot Hervorming gelei het, het sy vriend Myconius gesê: ‘Ek kan die beste help net waar ek is. Ek sal hier bly en bid terwyl jy jouself inspan.’ Een nag het Myconius egter gedroom en gehoor hoe Jesus vir hom sê: ‘Volg My.’ Jesus het hom na ‘n bergtop gelei en ooswaarts gewys. Myconius het gekyk en ‘n vlakte gesien wat met duisende en duisende skape besaai was en een man wat probeer het om hulle aan te keer. Myconius het die man as sy vriend, Martin Luther, herken. Die Verlosser het toe weswaarts gewys en Myconius het ‘n groot mielieland gesien, met slegs een werker wat die land moes oes. Die eensame arbeider was duidelik uitgeput, maar hy het volgehou. Myconius het die werker as Martin Luther herken. ‘Dit is nie genoeg dat ek net bid nie,’ het hy gesê toe hy wakker word. ‘Die skape moet opgepas word en die mielieland moet geoes word. Hier is ek; stuur my.’ Hy het dadelik na Luther gaan soek en aangebied om vrywillig, in watter hoedanigheid Luther ook al verlang, te dien. Die Bybel sê: ‘Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak oor hulle seerkry en weerloosheid… Daarop sê Hy vir sy dissipels: ‘Die oes is groot, maar die werkers wat dit moet insamel, is so bitter min. Hierdie oes is die Here s’n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien.’’ Die enigste ‘gebedsversoek’ wat Jesus ooit gemaak het, was vir werkers om die oes in te samel. Hy roep jou om een van hulle te wees.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min