Woord vir Vandag - 3 April 2026

Loading player...
“…Maar hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het God se genade geword.” Romeine 5:20 NLV
Oorvloediger
Net oomblikke voor Hy sy laaste asem uitgeblaas het, het Jesus van die kruis af uitgeroep: ‘Tetelestai!’ Dit word vertaal as: ‘Dit is volbring.’ Dit is dieselfde woord wat in die Nuwe Testamentiese tyd op kwitansies geskryf is, wat aangedui het dat ‘n skuld ten volle betaal is. Jesus se dood aan die kruis was die finale paaiement om vir die sonde te betaal. Die volle skuld van elke sondaar wat na Hom toe vir verlossing kom, is ten volle by Golgota betaal. Paulus het geskryf: ‘…Maar hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het God se genade geword.’ Die genadebank is nooit gesluit nie en daar is nooit onvoldoende fondse nie. In ‘n breukdeel van ‘n sekonde nadat ons ons sonde bely het, vind ‘n wonderbaarlike transaksie plaas. Al ons sonde word na Christus se rekening oorgeplaas en ten volle betaal. Daar vind egter ook ‘n tweede oordrag plaas. Al Christus se geregtigheid word ook na ons rekening toe oorgedra! Paulus het dit as volg verduidelik: ‘Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en nie die mense se oortredings teen hulle hou nie… God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan word’ (2 Korintiërs 5:19, 21 NLV). Om ‘in Christus’ te wees, beteken dat ons in sy geregtigheid, eerder as ons eie, geklee is. Dus, wanneer ons voor God staan, hoef ons nie rekenskap van ons sonde te gee nie, want dit is reeds aan die kruis verreken. Die Vader sal die geregtigheid van sy Seun wat aan ons rekening oorgedra is, sien.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min