Woord vir Vandag - 4 April 2026

Loading player...
“…Hy [het] gesê: ‘Dit is nou afgehandel!’…” Johannes 19:30 NLV
Jou skuld is afbetaal
In die Ou Testamentiese tye het jy vergifnis van God ontvang deur ‘n offerlam na die altaar toe te bring, waar ‘n priester die bloed daarvan sou vergiet en dit as versoening sou aanbied. Die eerste persoon in die Skrif wat dit gedoen het, was Kain se broer, Abel (sien Genesis 4:4). Toe Salomo sy manjifieke tempel ingewy het, het hy honderd-en-twintigduisend skape en twee-en-twintigduisend osse as ‘n offer vir die hele volk gebring. Die offervuur in die tabernakel in die Ou Testament is nie toegelaat om dood te gaan nie; dit moes aan die brand gehou word. Daar word geskat dat daar tydens die Paasfees amper honderdduisend lammers geoffer is, wat die Kidronstroom letterlik rooi gekleur het. Nie een milliliter van die bloed wat vergiet is, kon egter vir ons versoening van ons sondes bring nie. Ons moes wag vir ‘n lam wie se offer alle offers sou beëindig, ‘n priester wie se voltooide werk eens en vir altyd vir ons sonde versoening sou bring. Dit is wat gebeur het toe Jesus uitgeroep het: ‘Dit is volbring.’ In Hebreeus beteken die frase: ‘Volledig betaal.’ Op daardie oomblik het die gordyn in die tempel wat die mense van God geskei het, van bo tot onder geskeur. Gevolglik kan ons nou enige tyd by die plek ingaan, waar slegs die hoëpriester een dag per jaar in die teenwoordigheid van God kon ingaan, met die wete dat ons geliefd, aanvaar en deur die bloed van Christus as regverdig beskou sal word. Met dit in gedagte: ‘Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy deernis en onverdiende goedheid bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word’ (Hebreërs 4:16 NLV).
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min