Woord vir Vandag - 5 April 2026

Loading player...
“Hy is nie hier nie, want Hy is opgewek uit die dood, presies soos Hy gesê het…” Matteus 28:6 NLV
Jesus het die dood vir jou oorwin
Eendag sal jou hart ‘n laaste pols gee en jou longe ‘n laaste asemteug uitblaas. Tensy Christus alreeds teruggekeer het, sal jy sterf. Die Psalmdigter het gevra: ‘Watter mens kan lewe sonder om die dood te sien? Wie kan homself red uit die mag van die doderyk?’ (Psalm 89:49 NLV). Jonk en oud, goed en sleg, ryk en arm; geen mens word daarvan vrygestel nie. ‘Niemand het die mag om die wind te beheer nie. Net so kan mense nie bepaal wanneer hulle doodgaan nie…’ (Prediker 8:8 NLV). Die wyses, die rykes, die armes - niemand kan daarvoor weghardloop of die dood uitoorlê nie. Ons almal sal sterf. ‘Soos elke mens bestem is om net een keer te sterf…’ (Hebreërs 9:27 NLV). Oefen soveel as wat jy wil. Eet net gesonde kos en drink handevol vitamienes. Bly uit die son en weg van alkohol en van dwelms af. Doen jou bes om aan die lewe te bly en jy sal steeds sterf. Die dood lyk soos ‘n doodloopstraat, totdat ons Jesus se opstandingsverhaal lees: ‘Hy is nie hier nie, want Hy is opgewek uit die dood, presies soos Hy gesê het… En gaan sê nou dadelik vir sy dissipels... Hy gaan julle solank vooruit Galilea toe. Julle sal Hom dáár sien… Hulle het toe haastig van die graf af weggegaan… om die boodskap aan sy dissipels te gaan gee… Die elf dissipels het toe na Galilea toe gegaan, na die berg soos Jesus hulle beveel het. Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid…’ (Matteus 28:6-17 NLV). Vir die verloste kind van God is die dood nie die einde nie, maar die begin van ‘n glorieryke lewe in die hemel wat geen einde sal hê nie.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min