Woord vir Vandag - 6 April 2026

Loading player...
“Julle moet op ‘n nuwe geestelike manier leer dink.” Efesiërs 4:23 NLV
Genees jou gedagtes
Ons is drieledige wesens: gees, siel en liggaam. Wanneer ons Jesus Here van ons lewe maak, word ons van die geestelike dood genees. Daar is egter steeds twee areas wat Christus se genesende aanraking nodig het: ons siele (verstand, emosies en wil) en ons fisiese liggame. God se Woord leer ons dat ons fisiese gesondheid en geestesgesondheid onherroeplik met mekaar verbind is. ‘Want soos hy in sy siel bereken, so is hy’ (Spreuke 23:7 AFR53). Wat ons van onsself dink, is wat ons word. Ongesonde denke lei tot ‘n ongesonde lewe. Johannes het geskryf: ‘…ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan’ (3 Johannes 1:2 NLV). Enige area waarin ons siel ongesond is - of dit nou ‘n lae selfbeeld, negatiewe gedagtes of vernietigende gewoontes is – kan deur God se Woord genees word. Die meerderheid van Satan se aanvalle begin in ons verstand. Hy gebruik verkeerde gedagtes en indrukke om ons van God se beste weg te lei. Die enigste manier om hierdie aanvalle teen te werk, is om op God se Woord te staan en toe te laat dat sy gesonde gedagtes ons daaglikse denke deurdring. Gedagtes van vrees kan met gedagtes van geloof vervang word. Gedagtes van gebrek kan met gedagtes van voorsiening vervang word. Gedagtes van mislukking en depressie kan met gedagtes van sukses en vreugde vervang word. Hoe kan ons dit regkry? Paulus gee ons die antwoord: ‘Julle moet op ‘n nuwe, geestelike manier leer dink. Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan, die mens wat na God se beeld geskape is: iemand wat werklik reg lewe voor God en werklik aan Hom toegewy is’ (Efesiërs 4:23-24 NLV).
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min