Woord vir Vandag - 7 April 2026

Loading player...
“as jy in 'n strik getrap het deur die woorde van jou mond… doen dan dit… Gaan - verneder jouself!..” Spreuke 6:2-3 AFR20
Word nederig en probeer om dit reg te maak
In 1755 het ‘n drie-en-twintigjarige kolonel van die weermag ‘n beledigende opmerking as deel van van een van sy politieke veldtogtoesprake gemaak. Dit was op ‘n humeurige man, genaamd Payne, gemik, wat gereageer het deur die kolonel met ‘n stok te slaan. Soldate het die kolonel te hulp gesnel en dit het gelyk of ‘n volskaalse geveg op die punt was om uit te breek. Die voornemende politikus het egter opgestaan, homself afgestof, die soldate weggestuur en die toneel stilweg verlaat. Die volgende oggend het die kolonel aan Payne geskryf en sy teenwoordigheid by ‘n plaaslike taverne versoek. Payne het ingestem, maar hy het gewonder watter eise die kolonel sou stel - miskien ‘n verskoning of selfs ‘n tweegeveg. Tot Payne se verbasing het die kolonel hom met ‘n verskoning begroet, vergifnis vir sy neerhalende opmerkings gevra en ‘n handdruk aangebied. Ander mense mag dalk die gebaar as polities gemotiveerd afgemaak het, maar kolonel George Washington het dit ter wille van sy innerlike vrede nodig geag, terwyl hy met sy politieke veldtog op pad om Amerika se eerste president te word, voortgegaan het. Jesus het gesê: ‘As jy dus jou offer na die altaar toe bring en dit val jou daar by dat jou medemens ‘n grief teen jou koester, los jou offer net daar voor die altaar en gaan maak eers vrede met daardie persoon. Kom dan terug en bring jou offer. Sorg dat jy baie gou op goeie voet met jou teenstander kom…’ (Matteus 5:23-25 NLV). Salomo het gesê: ‘as jy in 'n strik getrap het deur die woorde van jou mond… doen dan dit… Gaan - verneder jouself!..’ (Spreuke 6:2-3 AFR20). Die woord vir jou vandag is: Word nederig en probeer om dit reg te maak.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min