Woord vir Vandag - 8 April 2026

Loading player...
“Hy [Andreas] kry toe eers sy eie broer Simon… Hy het Simon na Jesus toe geneem…” Johannes 1:41-42 NLV
Jy kan ‘n verskil maak
Wat het Billy Graham en die Campus Crusade for Christ-stigter Bill Bright en die Young Life-stigter Jim Rayburn en die Navigators-stigter Dawson Trotman in gemeen? ‘n Sondagskoolonderwyseres genaamd Henrietta Mears. Toe Henrietta agt-en-dertig jaar oud was, het sy van Minnesota na ‘n ontluikende dorp genaamd Hollywood, Kalifornië, verhuis. Sy het Sondagskool by die Eerste Presbiteriaanse Kerk aangebied en uiteindelik ‘n verstommende 6500 studente gehad. Vir vier dekades lank het sy haar getrou aan haar passie om ‘n Sondagskool te bou, gewy. Sy het ook ‘n uitgewery genaamd Gospel Light en ‘n suksesvolle konferensiesentrum genaamd Forest Home begin. Daarbenewens het sy ‘n boek, What the Bible Is All About, geskryf wat meer as drie miljoen eksemplare verkoop het. Dit is onmoontlik om te skat hoeveel miljoene mense die evangelie deur hierdie vrou en die Christelike leiers wat sy vir God gementor en gevorm het, aangehoor het. Kyk na die bediening van net een van haar studente, Bill Bright. Hy het Campus Crusade for Christ begin, wat volgens die laaste telling 20 000 voltydse personeel plus 663 000 opgeleide vrywilligers in 181 lande het. Grootliks danksy The Jesus Film-projek, het Bill Bright se organisasie meer as 3,4 miljard mense met die evangelie bereik - die helfte van die wêreldbevolking. Jy mag dalk nie soveel mense beïnvloed nie, maar jy mag dalk een persoon beïnvloed, wat uiteindelik baie ander beïnvloed. Andreas, een van die twaalf dissipels, het dit gedoen. Hy het sy broer Simon Petrus na Jesus gebring en Simon Petrus het uiteindelik ‘n menigte mense na Jesus gelei. Jy kan ‘n verskil maak. Al wat jy moet doen is om jouself vir God beskikbaar te stel.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min