Woord vir Vandag - 9 April 2026

Loading player...
“Wees dus baie versigtig hoe julle lewe… Benut elke geleentheid…” Efesiërs 5:15-16 NLV
Lewe doelbewus
As jy nou wyse besluite neem, sal jy ‘n beter toekoms hê. As jy nou jou tyd mors, sal jy later spyt wees. Daarom moet jy die regte ding doen wanneer jy die geleentheid het om dit te doen. Paulus het geskryf: ‘Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra’ (Efesiërs 3:20 NLV). God is in staat om groot dinge te doen soos sy krag deur jou werk. Dit gaan dus nie net daaroor dat God dinge vir jou doen nie; Hy wil ook dinge deur jou doen. Hou op wens dat omstandighede in jou lewe verander en begin aksie neem! Bid en bestudeer God se Woord. Soos Hy dan tot jou hart spreek, tree in geloof op en doen wat Hy jou lei om te doen. God het jou geskep om doelbewus te leef! Hy het jou nie net geroep om besig te wees nie - Hy het jou ook geroep om goeie vrugte te dra (sien Johannes 15:16 NLV). Dit is maklik om in die besige lewe vasgevang te word. Jy moet egter ook tyd neem om na te dink oor hoe jy jou tyd bestee! Voor jy gaan slaap, dink na oor die dinge waarmee jy jou dag gevul het: watter dinge het God se plan en doel vervul en watter dinge was ‘n afleiding? Vra God om die dinge wat moet verander en hoe jy beter keuses kan maak, wat met sy wysheid ooreenstem, aan jou te openbaar. Steun dan op Hom vir die krag wat jy nodig het om daardie veranderinge te maak. As jy dit doen, sal jy vervuld, vreedsaam en opgewonde wees oor hoe God in jou lewe werk.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min