Woord vir Vandag - 10 April 2026

Loading player...
“…laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe…” Romeine 12:2 NLV
Hoe om jou gedagtes te vernuwe
Jy is geskape om lief te hê, maar jy het geleer om te vrees! Die neurologiese roetes in jou brein evalueer bewustelik toksiese gedagtes en wanneer jy kies om die situasie aan God oor te gee, onderwerp jy jou nie aan vrees nie, maar tree in liefde op. Liefde is sterker as vrees! ‘Ware liefde het nie plek vir vrees nie; volwasse liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is, en wie aanhou vrees, het nog nie dié volwasse liefde bemeester nie’ (1 Johannes 4:18 NLV). As ‘n verloste kind van God is jy vir liefde bedraad, wat beteken dat liefde jou normale lewensuitkyk moet wees. Ongeag die manier waarop jy in die verlede gekies het om te reageer, kan pynlike, toksiese gedagtes vernuwe word. Selfs toksiese gevoelens wat jy so lank gekoester het en waarmee jy so vertroud is dat jy dink dis normaal, kan vernuwe word. Jy kan hulle as gevolg van jou brein se neuroplastisiteit analiseer en herbedraad. Dit is wat Paulus bedoel het: ‘Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe…’ Sal hierdie ‘vernuwing’ oornag gebeur? Nee. Die wetenskap toon dat jy iets ten minste sewe keer moet oefen en gebruik voordat dit deel van jou word. Soos jy aanhou om dit te doen, sal God se Gees met jou werk en uiteindelik sal jy hierdie wonderlike liefdesbedrading van die brein kan gebruik om jou rede en emosies te balanseer. Wanneer jy dit doen, sal jy ‘n reuse-sprong neem om al jou gedagtes onder beheer te kry, wat dan jou emosies onder beheer sal bring (sien 2 Korintiërs 10:5).
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min