Woord vir Vandag - 11 April 2026

Loading player...
“Omdat julle respek het vir wat Christus vir julle gedoen het, moet julle aan mekaar onderdanig wees.” Efesiërs 5:21 NLV
Veg vir jou huwelik
Paulus het geskryf: ‘Omdat julle respek het vir wat Christus vir julle gedoen het, moet julle aan mekaar onderdanig wees.’ Satan is die huwelik se vyand. Om hom te verslaan, moet jy eers weet hoe om te identifiseer waar, wanneer en hoe hy aan die werk is. Solank as wat julle daarop fokus om met mekaar te baklei of mekaar te blameer, sal julle huwelik aanhou om met elke mislukte versoek tot intimiteit, elke onvervulde verwagting en elke dag wat jy hopeloos wens dat jou eggenoot sal verander, in verdere ellende verval. Ja, jy moet beter kommunikasiepatrone aanleer, leer hoe om te vergewe en hoe siekte of finansiële probleme hanteer moet word. Wanneer jy egter besef dat hierdie dinge hul ontstaan by dieselfde bose bron het, kan jy dit soveel effektiewer beveg. Doen die volgende twee dinge: 1) Fokus eers op jouself. Jy kan niemand anders as jouself verander nie. In baie opsigte kan jy selfs dit nie eers doen nie. Jy het God se ingryping in jou eie lewe nodig (sien 2 Korintiërs 3:18). Jy moet verstaan wie God jou roep om in jou huwelik te wees. (2) Bid vir en saam met jou eggenoot (sien Matteus 18:19). Gebed is onontbeerlik om die vyand in jou huwelik te verslaan. Bid vir leiding in wat God wil hê jy moet doen. Indien jou eggenoot gewillig is, bid saam en hardop. Nooi God om by jou huwelik in te gryp en dit ‘n voorbeeld van die werk wat slegs Hy in twee mense se lewens kan teweegbring, te maak. Jy kan Christus se oorwinning in jou huwelik ervaar.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min