Woord vir Vandag - 12 April 2026

Loading player...
“…Pa, ek het gesondig…” Lukas 15:18 NLV
Ware berou bring herstel mee
Die verhaal van die verlore seun illustreer die betekenis van ware berou en bekering. Dit gaan oor ‘n jong Joodse man wat in opstand teen alles wat hy geleer is, gekom het, sy pa die rug toegekeer het, deur die helder ligte van die groot stad verlei is en uiteindelik in ‘n varkhok beland het. Hy het egter drie dinge gedoen wat sy lewe omgedraai het. Eerstens het hy van plan verander. ‘Toe hy uiteindelik tot sy sinne kom, het hy vir homself gesê: ‘By die huis het selfs die gehuurde werkers meer as genoeg kos, en hier is ek besig om van honger dood te gaan!’’ (vers 17 NLV). Tweedens het hy sy wilskrag verander. ‘Ek sal huis toe gaan na my pa toe en sê: Pa, ek het gesondig teen sowel die hemel as teen Pa’ (vers 18 NLV). Derdens het hy opgetree. ‘Hy het dus teruggekeer huis toe na sy pa toe…’ (vers 20 NLV). Bekering is ‘n verandering van denke, wat ‘n verandering van wilskrag teweegbring en lei tot ‘n verandering van optrede. Hier is twee dinge wat jy oor sonde moet weet: 1) God sal elke sonde wat jy probeer toesmeer, openbaar. ‘Julle moet dus nie voortydig ‘n oordeel vel voordat die Here kom nie. Hý sal sy lig laat skyn op die dinge wat in die donker verborge lê, en Hý sal die motiewe van ons harte aan die lig bring…’ (1 Korintiërs 4:5 NLV). 2) God sal elke sonde wat jy openbaar, bedek. ‘Wie sy oortredings verswyg, sal nie voorspoedig wees nie. Wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang’ (Spreuke 28:13 NLV). Gaan dus voort en bely en laat vaar jou sonde, want God sal dit met die bloed van Christus bedek. Daar is geen rede om te wag nie. Doen dit nou.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min