Woord vir Vandag - 14 April 2026

Loading player...
“Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou…” 2 Kronieke 16:9 NLV
Verantwoordelikheid en die vermoë om daarop te reageer
God gee nooit aan ‘n persoon verantwoordelikheid sonder die vermoë om daarop te reageer nie. Jy kan dus vandag in die spieël kyk en met vertroue sê: ‘God, U het my hierdie verantwoordelikheid gegee en die vermoë om daarop te reageer.’ Wanneer God gewone mense in die Bybel geroep het om groot dinge te doen, het hulle gewoonlik met ‘n gevoel van ontoereikendheid gereageer. Toe God Moses opdrag gegee het om die Israeliete uit Egiptiese slawerny te lei, het Moses ‘… by die Here gepleit: ‘Ag Here, ek is nie goed met my mond nie. Ek was nog nooit iemand wat goed kon praat nie. Selfs waar U nou hier met my praat, haak my tong vas’’ (Eksodus 4:10 NLV). God wou egter nie verskonings hoor nie en het vir Moses gesê: ‘Loop, gaan maak soos Ek vir jou sê! Ek sal jou goed laat praat en vir jou voorsê wat jy moet sê’ (Eksodus 4:12 NLV). Toe God vir Gideon gesê het om die Israeliete na oorwinning teen die magtige leër van Midian te lei, lees ons: ‘Maar Gideon sê vir Hom: ‘Verskoon my, Meneer, maar hoe kan ek Israel red? My familie is een van die swakstes in Manasse. Ek is die onbelangrikste lid van my gesin.’ ‘Ek is dan saam met jou!’ het die Here vir hom gesê. ‘Jy sal al die Midianiete verslaan asof jy net teen een man veg’’ (Rigters 6:15-16 NLV). Gideon het ‘n leër van 135 000 met slegs 300 soldate - plus God - verslaan. Die volgende keer wat Satan jou dus herinner dat jy ontoereikend is, sê: ‘Jy is reg! Maar ek is egter verbonde aan ‘n God wat almagtig, alwetend en altyd teenwoordig is. Deur Hom is ek tot alles in staat!’ (sien Filippense 4:13).
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min