Woord vir Vandag - 15 April 2026

Loading player...
“Ek wil oor u bevele nadink en let op u weë.” Psalm 119:15 NLV
Mediteer en memoriseer
Meditasie is die effektiefste manier om God se Woord in te neem. ‘Gelukkig is die mens wat… vreugde vind in die gebooie van die Here en sy voorskrifte dag en nag oordink’ (Psalm 1:1-2 NLV). God sal jou help om dit waaroor jy mediteer en memoriseer, te onthou wanneer jy dit nodig het. ‘en wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom… sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het’ (Johannes 14:26 NLV). Jeremiah Denton, ‘n hooggeplaaste Amerikaanse soldaat, is tydens die oorlog in Vietnam aan uitmergelende marteling onderwerp. Hy het egter oorleef en teruggekeer huis toe om ‘n senator in Alabama te word. Hoe het hy dit gedoen? Hy sê dat een van sy basiese maniere om te oorleef was om gedeeltes uit die Skrif wat hy gememoriseer het, aan te haal. Die Skrif was sy onsigbare swaard om die wreedste wapens van die vyand af te weer. Deur innerlik op die krag van God te fokus om hom te onderhou en te versterk, kon hy bo sy omstandighede uitstyg. Teksverse wat hy jare gelede gememoriseer en oor gemediteer het, het sy gebede van verlossing geword. Wanneer jy oor God en sy Woord mediteer en sy vele beloftes en dade van getrouheid onthou, groei jou geloof en jou vrese verdwyn (sien Romeine 10:17). Dawid het dit goed verstaan. Hy het baie keer in sy pogings om die toorn van koning Saul te ontsnap, die grootheid van God onthou en is hy versterk. ‘Ek prys die Here wat my insig gee; ook in die nag is ek daarvan bewus’ (Psalm 16:7 NLV). Doen jouself ‘n groot guns: Begin om oor God se Woord te mediteer en dit te memoriseer.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min